Onderwyser vas oor onsedelike aanranding

‘n Onderwyser van ‘n skool in Melmoth, KwaZulu-Natal, het glo vyf leerlinge onsedelik aangerand.

“Die onderwyser het die seuns glo elk individueel genader en hulle genooi om by sy huis te kom oornag,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. Zwane sê die seuns het sedert Februarie al ‘n paar keer by die onderwyser se huis oornag. Die onderwyser het op hierdie geleenthede glo seksuele toenadering gesoek.

Die onderwyser is in hegtenis geneem toe een van die seuns die saak by die skoolhoof aangegee het. “Ons beplan om die borg van die verdagte teen te staan en moedige enige ander slagoffer aan om na vore te tree,” het Zwane gesê. Die onderwyser sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.