“Onderwysers kan nie kinders leer nie” – verslag

Leerlinge word nie geleer hoe om te dink, probleme op te los of om onafhanklik te lees nie, omdat die meeste van hul onderwysers nie weet hoe om dié vaardighede vir hulle aan te leer nie.

The Times het Maandag berig dat die eerste nasionale evaluering van hoe leerlinge van graad 1 tot graad 3 geleer word, aandui dat onderrig swak is. Die verslag dui ook dat kinders nie behoorlik kan lees nie, en dat hulle waarskynlik vir die res van hul lewens gaan sukkel.

Die departement van basiese onderwys het verlede jaar 133 stedelike skole evalueer. Hulle het bevind dat talle onderwysers nie geweet hoe om probleemoplossing- en ontledingsvaardighede oor te dra nie. Die studie het bevind dat “miljarde” rande wat oor die afgelope 10 jaar aan die opleiding en ontwikkeling van onderwysers bestee is, geen vrug afgewerp het nie.

Nick Taylor, die departement se hoof van ontwikkeling, het gesê onderwysers se swak vakkennis is “waarskynlik die grootste probleem in die skoolstelsel”.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.