Oscar: Vrou verras met mosie oor Oscar se ‘geestelike toestand’

Oscar Pistorius wag Woensdag in die beskuldigdebank vir sy borgaansoek om voort te gaan. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Vrou se verrassende versoek om ʼn mosie voor die Pretoriase landdroshof te dien oor Oscar Pistorius se “geestelike toestand” is Donderdag in die hof van die hand gewys.

Die vrou, wie se naam nie in die stadium bekend is nie, het opgestaan en gevra om die hof toe te spreek toe Pistorius se borgverhoor vandag hervat is. Sy het gesê sy is ʼn prokureur en wou landdros Desmond Nair toespreek oor die atleet se geestelike toestand, want dit was ‘n grondwetlike aangeleentheid. Nair het die mosie afgekeur en gesê dit kan op ʼn ander tyd gedoen word.

Pistorius word aangekla vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, wat hy in ʼn verklaring ontken het. – Sapa

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.