Ouers kan eiendomme verloor oor skoolfonds

Die ouers van ʼn leerling aan Pretoria Boys’ High kan moontlik twee van hul eiendomme verloor nadat hulle glo geweier het om sy uitstaande skoolfonds te betaal.

The Star berig dat daar in hofstukke aangevoer word dat die ouers nagenoeg R100 000 in skoolfonds agterstallig is nadat hulle dit glo die afgelope drie jaar nie betaal het nie. Die pa, ʼn sakeman wat ʼn eiendom in ʼn welgestelde buurt in die ooste van Pretoria en nog ʼn eiendom in Mamelodi besit, weier om die skoolfonds te betaal nadat hy die skool van rassisme beskuldig het. Die pa voer in hofstukke aan dat die regering sy kinders se skoolfonds moet betaal en dat hy sy ander kinders ook by die skool sal inskryf. Regter Peter Mabuse het beveel dat die twee eiendomme verkoop moet word om die uitstaande skoolfonds te betaal. Die bevel is opgehef op voorwaarde dat die ouers vanaf September maandelikse betalings van R10 000 aan die skool begin maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.