Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat help om vermiste mense op te spoor, het Damien se ma Woensdagoggend omstreeks 7:00 werk toe gegaan en was Damien vermis toe sy omstreeks 17:00 by die huis gekom het. Shaun (31) het glo ook verskeie items uit die woonstel in Umbilo, KwaZulu-Natal waar hulle bly, gevat. Shaun en Damien ry glo in ʼn blou Ford Focus, registrasienommer ND431571. Hulle is die laaste keer in Glenwoord Moore-weg gesien. Shaun is lank en maer en het blonde hare.
Enigiemand met inligting kan konst. Maphunelo kontak by 031 203 2400 of Pink Ladies by 072 214 7439.