ʼn Man en vrou het Saterdag tydens ʼn fratsongeluk op ʼn strand naby Port Shepstone verdrink.
Die bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut in Shelley Beach, Mark Harlen, sê die man en vrou het glo sowat enkeldiepte in die water geloop toe die sand meegegee het en hulle deur die see ingetrek is. ʼn Reuse soektog is onmiddellik na die paartjie van stapel gestuur. Die vrou se liggaam is in die see, sowat 10meter van die strand, gevind. Die 27-jarige man se liggaam het tydens die soektog op die strand gespoel. Die paartjie is glo van die Oos-Kaap. Die polisie ondersoek die saak.