Paralimpiese Spele: Blou Maandag

Maandag het effens blou vir die Suid-Afrikaanse Paralimpiese-span afgeskop met slegs een Suid-Afrikaner wat in swem vir die finaal gekwalifiseer het.

Charles Bouwer het tweede in die swem (100m-rugslag) S13-uitdunne gekom en vir die finaal gekwalifiseer.

Duane Strydom het agtste in die atletiek (Diskus) F35/36-finaal gekom. Renette Bloem het tiende in die swem (100m-borsslag) SB11-uitdunne gekom en nie vir die finaal gekwalifiseer nie.

Kgothatso Montjane het 0-2 teen haar teenstander, Jiske Griffioen, verloor in die rolstoel-tennis (vroue enkelspel) se derde rondte.

Alle oë is vanaand op die volgende items, met die hoop om nog medaljes in te palm:

20:00 – Suid-Afrikaanse manspan: Rolstoel-basketbalspan (Groep A)
20:05 – Zandile Nhlapo: Atletiek (spiesgooi) F33/34/52/53-finaal
20:10 – Pieter du Preez: Atletiek (100m) T51-finaal
20:42 – Marius Stander en Union Sekailwe: Atletiek (400m) T38-finaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.