Polisie keer Zille om Zumaville te besoek

Die foto is deur @ewnreporter op Twitter gelaai.

Die polisie het DA-leier Helen Zille en ander lede van die party Sondag verbied om president Jacob Zuma se tuiste in Nkandla te besoek.

Die polisie het aan Zille gesê dat sy nie soontoe kan gaan nie aangesien daar ANC-ondersteuners is wat die pad versper na Zuma se huis. Sy sê haar party het toestemming gekry om by ʼn openbare pad buite ʼn skool oorkant Zuma se huis bymekaar te kom. Die polisie het egter geweier om haar deur te laat en gesê hulle wil keer dat daar geweld uitbreek. Verskeie motors wat ANC-ondersteuners vervoer het egter verby Zille hulle gery. Toe Zille aan die polisiebeamptes gevra het hoekom hulle mag verbygaan, het die polisie aan haar gesê dat hulle ʼn saak aanhangig sal maak teen die organiseerders van die ANC-optog. Sowat 700m van waar Zille en ander DA-lede gestop is, het die polisie ANC-ondersteuners gekeer om vorentoe te beweeg. Die polisiebeamptes het ʼn ketting oor die pad gevorm om die ondersteuners terug te hou. Die SABC het vroeër berig dat ʼn man in hegtenis geneem vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen nadat ʼn skoot in die lug gevuur is tydens die optog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.