Polisieman skiet vrou, self

ʼn 35-jarige polisiebeampte het sy vrou doodgeskiet waarna hy selfmoord gepleeg het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar se liggame is Saterdagmiddag in hul huis in Kagiso aan die Wes-Rand gevind. Mogale sê dit is nog nie duidelik wat tot die tragedie gelei het nie. Die polisiebeampte het vir die Krugersdorp-speurdiens gewerk. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Diens pistole wat huistoe gevat word, word vir baie misdaad gebruik en word baie gesteel. Waarom die vuurwapesns nie ingehandig word indien hulle van diens afgaan nie is ‘n raaisel. Het hulle ‘n lisensie om in besit van daardie vuurwapens te wees? Is hulle bevoeg om ‘n vuurwapen te hanteer?

Poplap ·

Speurders veral kan nie hulle vuurwapens inhandig nie, omdat hulle dikwels in die nag uitgeroep word as daar ‘n spoor van hulle verdagtes is. Verder gaan hulle elke paar maande vir kursusse waar hulle bevoegdheid getoets word, en wanneer hulle die toetse “dop” word hulle vuurwapens weggeneem. Net soos ons gewone landsburgers moet die polisiemanne ook kluise hê waar hulle wapens gebêre word. Hierdie persoon sou wel iets anders kry om die misdaad mee te pleeg as hy nie ‘n pistool by hom gehad het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.