ʼn 16-jarige leerling is by ʼn skool in Pretoria doodgesteek ná ʼn beweerde onderonsie oor ʼn potlood.
LookLocal Pretoria East berig die voorval het by die Berea Park-privaatskool in die middestad plaasgevind. Die slagoffer, Donald Molefe, is glo vyf keer deur ʼn ander leerling met ʼn mes gesteek nadat ʼn bakleiery glo oor ʼn potlood ontstaan het. Molefe se vriend is ook tydens die voorval beseer. Molefe is dood kort nadat paramedici op die toneel gekom het.
Izak Theron, die skool se hoof, sê hulle is geskok oor die voorval en dat sekuriteit by die skool opgeskerp gaan word. Sersant Ann Poortman, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die verdagte is in sy ouers se sorg vrygelaat, omdat hy minderjarig is.