Rou riool besoedel steeds Caledonrivier

Die Caledonrivier Foto: Lani Fouché

Rou riool van Qibing naby Wepener besoedel glo die Caledonrivier naby Wepener in die Vrystaat.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Olly Mlamleli, LUR vir samewerkende regering in die Vrystaat, gevra om die rioolprobleem in Qibing naby Wepener uit te sorteer, berig OFM. Peter Frewen van die DA het glo vir Mlamleli gevra om te verduidelik hoe die R1.5 miljoen, wat vir die rioolprobleem geoogmerk is, aangewend is. Hy sê die munisipale bestuurder by die Naledi plaaslike munisipaliteit kon krimineel aangekla word dat hy ‘n waterbron besoedel, aangesien die rou riool in die Caledonrivier opeindig.

Die munisipaliteit het vroeër onderneem dat die rioolprobleem teen middel Oktober uitgesorteer sou wees. Volgens Frewen vloei die riool vrylik in die strate van Qibing, maar dit lyk of die probleem in Wepener opgelos is. Inwoners in Wepener sukkel glo al ‘n paar jaar lank met dié probleem.

Die Naledi-munisipaliteit kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Brenda ·

Shame, almal sulke BEVOEGDE BEE munisipale personeel. Hou aan met BEE en kyk waarheen die riool, rommel en ander gemors ons ALMAL nog gaan spoel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.