1 800 werkers steeds ondergrond by Sibanye-Stillwater

Argieffoto

Sibanye-Stillwater het Dinsdagaand bevestig ongeveer 1 800 van sy werknemers is steeds ondergrond en wag om na die oppervlak gebring te word.

Die mynwerkers by Thembelani-skag by Sibanye-Stillwater se platinummyn in Rustenburg wag al sedert middagete om opgehys te word ná ʼn stuk van die spoor in die skag afgeval het.

James Wellsted, woordvoerder van Sibanye, het gesê die werkers is nie vasgekeer nie, maar wag vir die mynmaatskappy om ʼn inspeksie te doen ná ʼn voorval waar spoorlyne, wat ondergrond vervoer is, in die skag afgeval het. Die maatskappy moet eers bepaal of die skag beskadig is of versper is voor die werkers na die oppervlak gebring kan word.

Wellsted het gesê die werkers kan óf in die Thembelani-skag opgehys word as daar nie enige probleme is nie, óf na ʼn sekondêre skag geneem word om daar opgehys te word.

Die Union Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het gesê hy monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hannelie ·

Ai hoop van harte huk word veilig tleeug gebringm o Heer hrlp assebkief waar U jan. Amen!!!

IK ·

Par.2 lees asof ‘n stuk spoor wat die skip op loop in die skag afgeval het. ‘Stuk’ bedoelende wat afgebreek (brok) het. Spore word in spoorlengtes vervoer. Soos ek verstaan moet die par. lees ‘ . . . na spoorlengte(s) in die skag afgeval het.’
Par.3 verwys: ‘ . . . na ‘n voorval waar spoorlengte(s) wat van die bank (benaming vir die bogrondse oppervlakte van die skag se mond) na ‘n ondergrondse stasie vervoer is . . . ‘
Die spoorlengtes word onderaan die skip (cage) vasgemaak. Op daardie stadium lê die lengtes horisontaal op die bank. Die skip beweeg dan stadig opwaarts terwyl die onderpunte wat aanmekaar vasgemaak is in die skag inbeweeg en m.b.v. ‘n tou gerem word om nie rond te swaai. Hierdie tou word dan weer ondergrond gebruik om die onderste punte weer eerste op die stasie in te trek (sleep) terwyl die skip dan stadig af beweeg in die skag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.