1 dood, 6 beseer toe vragmotor in huis inploeg

Die vragmotor wat in die huis ingeploeg het. (Foto: Rescue Care)

Een persoon is dood en ses ander beseer toe ʼn vragmotor Donderdagmiddag in ʼn huis in Durban in KwaZulu-Natal ingeploeg het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die voorval het net ná 17:00 op die hoek van Battersea-laan en Anyardsweg in Reservoir Hills plaasgevind.

Volgens Jamieson is paramedici kort daarna ontbied waar hulle drie vasgekeerde insittendes in die wrak van die vragmotor aangetref het.

Die bestuurder van die vragmotor is op die toneel dood verklaar. Die ander twee passassiers is met behulp van meganiese toerusting uit die wrak bevry waarna hulle na nabygeleë hospitale gehaas is verdere mediese behandeling.

Daar was ook vier persone agterop die vragmotor ten tyde van die voorval en hulle het beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle ook na hospitale geneem is, het Jamieson gesê.

Niemand in die huis is beseer nie.

Die omstandighede rakende die voorval is nie duidelik nie. Die toepaslike owerhede was wel op die toneel om ondersoek in te stel, het Jamieson bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

LOL!! Sanna, jy maak my dag. Skerp, so op ‘n Vrydag!!
Maar ek moet sê, dis ongelooflik wat die vragmotorbestuurders doen deesdae. Crazy!!

Sanna ·

Hulle vlieg jou tot by jou huis. Jy hoef nie meer n uber te huur nie.

Sonja ·

Genade, hoe doen jy dit? Oor n muur binne in n huis? Waar kry hulle hul lisensies, ek wil daai kursus gaan doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.