1-jarige kritiek ná hy in swembad beland

(Argieffoto: ER24)

ʼn Eenjarige seuntjie is Dinsdag in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy in ʼn swembad by ʼn huis op ʼn landgoed in Centurion beland het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was kort na 14:00 by die huis. Hulle is na ʼn vertrek geneem waar die seuntjie en ʼn versorger was.

Die kind was in ʼn bedenklike toestand en paramedici het dadelik met gevorderde lewensondersteuning begin voordat die kind na ʼn hospitaal geneem is.

Van Huyssteen het gesê paramedici was nie bewus van die presiese omstandighede rakende die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genis ·

Dis veskriklik hartseer… Kom ons bid saam vir die familie…

Cabytheron ·

Ja, dit is baie hartseer, hoop die ouers was wel teenwoordig.

popsa ·

nee
nee
nee

dit hou aan
en aan en aan en aan gebeur

hoekom?

nee nee nee!

pappa mamma oupa ouma oom
tannie wie ookal
lees hoor sien
skrik!

dit kon vanaand
joune gewees het

jou kindjie
of
jou swembad…

daarom

dink na
dink diep na
dink diep diep diep na

kleingoed+swembad=bittere droefheid

dalk nie gister nie
of vandag
of al die jare nie
maar dalk oormôre
of eendag
of anderdag
oor tien jaar

as niemand kyk nie

as ons dit
nooit verwag nié

is dit
wat ek
wil hê?

my kleinding
iemand anders se pop
of wildeperdseuntjie
in MY swembad

?
?
?

nee
niemand nie
nie dit nie
nooit nie
nooit nie
nooit
nié

versit dan hemel
en aarde
geliefde

breek
daardie
som

nog vandag

want spyt kom
hy kom
ja hy kóm!

altyd
altyd
altyd

te laat

of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.