10 sterf in Noordwes-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Tien mense is dood en drie mense kritiek beseer nadat twee motors buite Mahikeng in Noordwes gebots het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn bakkie en ʼn VW Golf het Sondagaand naby Atemelang gebots. Die drie beseerdes is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens Moleko is van die mense op die toneel dood verklaar terwyl ander mense in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.