11-jarige kry hartaanval by skool

(Argieffoto/Unsplash)

Die onderwysers van Laerskool Generaal Nicolaas Smit in Pretoria het goed kop gehou toe ʼn 11-jarige leerder ʼn hartaanval by die skool gekry het.

Luidens ʼn verklaring uitgereik deur die skool is die leerder tans in die hoësorgeenheid van die Netcare Sunninghill-hospitaal in Johannesburg. Die leerder moes ‘n noodhartoperasie ondergaan en is tans onder sedasie. Die oorsaak van die hartaanval is nie bekend nie.

“Die leerder het Vrydag op pad badkamer toe ineengestort. Onderwysers, onder meer Nico Labuschagne, was onmiddellik op die toneel en het noodhulp op hom toegepas,” lui die verklaring.

Volgens die skool was die Best Care-ambulansdienste binne minute op die toneel en het die leerder na die Life Eugene Marais-hospitaal in Pretoria geneem. Hy is later na die Netcare Sunninghill-hospitaal oorgeplaas.

“Ons is trots op ons onderwysers wat tydens die situasie koel en kalm gebly het.”

Die skool beklemtoon die belangrikheid van noodhulpopleiding en sê die feit dat die onderwysers noodhulpopleiding gehad het, het die kind se lewe gered.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

KatjieDeKat ·

Dis eienaardig. Arme kind! Ek neem aan die kind het vanaf geboorte n hartkwaal gehad?

Elmarie ·

Goeie genugtig. 11 jaar en jy kry ‘n hartaanval???? Vinnige beterskap boeta, ek hoop die dr’s kry die oorsaak. Dankie aan die onderwysers vir vinnige en korrekte optrede.

Waarnemer ·

Wel gedaan aan die onderwysers…elje skool behoirt n opgeleide nood helper te he….

Harley Davidson ·

Het dit iets te doen met die gemors kos en energie koeldranke wat die kinders deesdae eet en drink?

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons weet, maar mag dit nie uiter nie…

Koen ·

Jip…dis die 5G. Ons verstaan en sal vir jou bid – belowe niks.

Jillian ·

Dan moet die hele mensdom hartaanvalle kry nè! Ons almal eet gemors kos en drink energie drankies!

Miena ·

Wel gedaan LS Nic Smit Onnies. Dit is nou lekker om te lees van n goeie daad wat verrig is by n skool in die area waar ek grootgeword het. wys jou net – dis goeie mense daai kant van die berg!!! Sterkte vir die seun en sy gesin. dit sal net beter gaan met jou. Hou moed. Laat Jou Lig Skyn – soos julle skool leuse tereg staan op die wapen.

Chantel ·

Genade, ek het sommer hoendervleis. Sjoe, dis erg. Welgedaan aan die onderwyser. Sterkte aan die kind se gesin.

Watsenaam ·

Afgesien van die omstandighede. Aan al die onderwys personel, nooddienste ens. Baie dankie vir julle spog optrede. Wel gedaan. Ek hoop die president sal julle vereer met n ere penning vir julle paraatheid en durf. Dankie. In my oe is julle helde!

Sarel ·

Sterkte aan die jong leerder en volkome herstel word jou toegewens
Vir die wat verbaas is oor die ouderdom…niks snaaks deesdae nie…gaan besoek maar die Kindersale .
Insluitende Kankersale.

Gaitsigubib ·

As ek “Heart disease risk factors for children & teenagers” soek is al wat ek sien “it is not a major cause of death among children, but it is the largest cause of death among adults. Tussen 4 en 10% in mense onder 45 in n studie in 2020. Onder 20, baie min data beskikbaar- dalk kan jy my op die regte spoor plaas? Kanker is n ander storie. Dankie Sarel.

Groen-oog ·

Sarel dis n harde waarheid wat jy daar se. My man se kleindogter moes op 9 n historektomie kry agv kanker. Sys nou “skoon” maar gaan gereeld vir haar toetse om als te check.

My nig se kleindogter is nog nie 2 nie en het ook kanker. Dis regtig n harde waarheid met klein kindertjies wat die dinge moet oorkom.

Sê maar net ·

Dankie Here die seuntjie leef. Welgedaan aan skool en onderwysers. Baie sterkte aan die familie.

Charles ·

Ek wonder of die kind nie te veel energie drankies gedrink het nie. Ek sien deesdae die kinders drink gereeld Dragon, Monster, Play ens, wat gelaai is met kaffiëne. Asof kinders die energie nodig het ????

Marie ·

Ek is self ingeënt met Johnsons, maar ek dink ouers moet mooi dink oor die inenting. Wêreldwyd sterf baie jong mense aan hartaanvalle en daar is baie meer beroerte gevalle. Hulle het ons nie ingelig oor al die risiko’s nie, dit is ‘n skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.