11-jarige sterf toe trein bakkie tref

Die ongelukstoneel. (Foto:” ER24)

’n 11-jarige kind is dood toe ’n trein Maandag ’n bakkie by ʼn spooroorgang op ’n plaaspad in Noordwes getref het.

Die botsing het Maandagmiddag by ’n oorgang op ’n grondpad in die omgewing van Syferbult, tussen Derby en Magaliesburg, plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê lede van die gemeenskap het teen 15:30 by paramedici se aankoms op die ongelukstoneel reeds twee meisies en ’n man uit die wrak van die bakkie getrek.

Die 11-jarige meisie het in dié stadium reeds aan haar beserings beswyk.

ʼn 17-jarige meisie en ʼn man, vermoedelik in sy 40’s, het albei kritieke beserings in die botsing opgedoen. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere dringende mediese behandeling.

Die treinbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie.

Die presiese besonderhede rakende die ongeluk is in dié stadium nog nie bekend nie.

Die plaaslike owerhede was gistermiddag op die ongelukstoneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swerwer ·

Simpatie en meegevoel met die oorlede meisie se familie en vriende. Mag die beseerdes ten volle herstel. Sterkte aan die Treindrywer ook. Die emosionele stryd en trauma met so ‘n ongeluk is nie
‘n aangename ondervinding nie.

007 ·

Die trein drywer is nie beseer nie? Mooi so! Jammer vir die gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.