11-jarige vas wat op bewegende treine speel

‘n Skermgreep uit die video wys hoe die kinders op die treine speel en mense op die spoorlyn stap.

Die polisie het ʼn 11-jarige vermeende bendeleier in hegtenis geneem nadat hy glo sy maats aangehits het om op die bewegende waens van Transnet se vragtreine op die noordelike spoorlyne in KwaZulu-Natal te spring.

Steve Harris, algemene sekretaris van die vervoervakbond Untu, het gesê die seun is intussen in die sorg van sy ouers vrygelaat. Hulle moet later weer saam met hom in die hof verskyn.

Untu sê die jong bende skep ʼn ernstige veiligheidsrisiko. Harris het verskeie video’s ontvang oor die speletjie.

Treine op die spesifieke roete moet by ʼn spoedbeperking van 15 km/h hou omdat dit deur ʼn gebied ry waar voetgangers die treinspoor gereeld oorsteek sonder om te kyk, of moontlik nie die spoed van aankomende treine besef nie.

In die afgelope boekjaar is 375 sterftes en 2 660 beserings op spoorweë aangemeld, het die Spoorwegveiligheidsreguleerder vroeër bekend gemaak. Daar was terselfdertyd ʼn toename van 36% in veiligheidsverwante sterftevoorvalle.

Untu betwis dié syfers en glo dit is veel hoër, hoewel hy sê dié syfers op sigself is rede tot groot kommer.

‘n Skermgreep uit die video.

“Ouers moet hul kinders leer dat dit nie grappies is om naby ʼn spoorlyn te speel nie, om nie eens te praat van ʼn bewegende trein nie. Die kinders plaas nie net hul eie lewe in gevaar nie, maar ook dié van die treindrywer en -assistent. Hulle word gedwing om die kinders wat op die waens speel, dop te hou – pleks daarvan om hul oë op die spoorlyn en sinjale te hou,” het Harris gesê.

“Om sake te vererger gaan dit die drywer en assistent wees wat aangekla word as die kinders iets oorkom. Die plaas ook hul werk in die gedrang. Dit neem ook glad nie die emosionele trauma in ag waardeur ʼn treindrywer en -assistent gaan as hulle nie ʼn besering kan verhoed nie.”

Harris sê dit is onaanvaarbaar dat wetteloosheid die vlak bereik het waar kinders dink hulle kan wegkom met speletjies soos dié.

Untu sê die Spoorwegveiligheidsreguleerder moet bewusmaking in die omgewing skep en gemeenskappe onderrig oor treinveiligheid. Die gemeenskap moet ook die betrokke kinders identifiseer en met hul ouers oor die gedrag praat.

Harris het ʼn beroep op Untu se treindrywers gedoen om soortgelyke voorvalle dadelik aan te meld, sodat die vakbond kan verseker dit word ook by die polisie aangemeld om gepaste optrede te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jerry B ·

Hy het die gesegde van ” gaan speel op die treinspoor” baie ernstig opgeneem

Henry ·

n Ouer wat sy kind dissapline leer behoort te weet waar sy kind is. Ouers van vandag is self nog kinders – sonder enige respek vir ander of hulself.

Tiger ·

Iemand het seker eendag in ‘n grap vir sy kind gese “gaan speel op die treinspoor!” Nou pluk hul die vrugte.

Yankee ·

Tiger, n Grap?? Dalk van jou, man. Sies om selfs so iets te noem.

Annamarie ·

Tiger, ja ek lag ook in my mou vir jou aanmerking…ek het ook al vir mense wat my vies gemaak het gese gaan speel op die treinspoor… maar ds tog net grappendergewys wat mens dit se. Dit is soos om te se gaan blaas doppies…

Pampoen. ·

Maar laat die treine ‘n behoorlike spoed ry. Dit sal voirkom dat hulle sulke dom dinge doen en net dalk sal hulle leer om ‘n trein te respekteer. Nou is dit ‘n grap vir hulle. Daar moet opghou word om alles aan te pas om mense wat nie wil leer te akkommodeer. Dit is al ‘n siekte in SA. Kyk maar hoe ignoreer hulle die voetoorgang brue wat gebou word.

Nettie ·

Pampoen, ek stem. Ek bly neffens ‘n besige spoorlyn (darem aan die ‘regte’ kant daarvan, hoor!) – en dis verbasend hoe mense hul veiligheid oorboord gooi waar dit by aankomende treine kom. Daar is ‘n breë, hoë voetgangersbrug net so 50m verder aan, maar dié word eerder as openbare toilet gebruik, as voetgangerkruising. As die treine so toet vir die mense op die spoor, skreeu ek vir die drywer: “Man, ry vrek dit wat jy nie plat ry nie!”. WANT WAT SOEK ‘N MENS OP ‘N TREINSPOOR AS DAAR ‘N TREIN AANKOM???

KaterinaKat ·

Dit kom soos uittartende gedrag voor. Of miskien net dom. Daar is die ou gesegde oor “Winning the Darwin Award”.

Jakes ·

Die stokperdjie om soos primate orals op bewegende treine te spring vind feitlik by elke stasie plaas. Dis hoogtyd dat die polisie hierdie dwase praktyk stopsit en die skuldiges vervolg. Daar is baie bome en kranse om te klim.

Santjie ·

Hulle kort net ‘n goeie pakslae. ‘n Kind van 11 is nie veronderstel om nou al ‘n bendeleier te wees nie!

Julie Jansen van Rensburg ·

Santjie, ongelukkig het die hoofregter nouonlangs aangekondig dat die “dierbare engeltjies” se sitvlakkies mag mos nie meer selfs by die huis bietjie warm geklap word nie – DIT is die hoofrede waarom vandag se jeug absoluut GEEN gesag meer erken nie – ag-FOEITOG – as jy hulle oor jou skoot trek en met die plathand ‘n paar warm klappe gee, pleeg jy mos geweld teen hulle, en dit lei daartoe dat HULLE geweld aanleer…. Goede genade – dis geen wonder dat hierdie land ook nou – saam met die res van die wêreld …”reguit op pad hel toe is nie…” Ek as kind het ‘nheilige respek vir my ma se plak gehad, en my eie driestuks het vroeg in hulle lewetjies leer dat ou “SIELKUNDE” (soos my plak geheet het) soms bietjie “vet-gevoer” moes word… vandag, op die ouderdomme van 60, 58 en 56, en ouers en grootouers – het hulle gou geweet wat die woord “DISSIPLINE” heet en dit op hulle spruite toegepas…

Natascha ·

Ja nee, kyk as hul op soo n vroee ouderdom begin met die snert, wat wag later. Steek n stokkie voor dit en die ouers moet ook vasgevat word omdat die nie goeie toesig oor hul kinders hou.
Beboet die ouers, miskien sal dit help om n beter ogie oor hul kinders te hou.

wielie ·

Whaaaaaaaaaaaaaaat? 11 jaar oud en n bende lid? Goeie genade wat is hy teen die ouderdom van 22 ?? Geharde moordenaar???? WAT word van die kinders?

SjN ·

Wiele, die goeie nuus is dat hy nie 22 gaan haal nie op die huidige trant nie.

Malie du Toit ·

Net elf jaar oud, ek moes WEER lees om seker te maak

marous ·

Duidelik help praat nie . Dan moet hulle maar op die harde manier leer . Staal ken geen gevoel nie .

Irene Myburgh ·

Hulle moet weer die spoorweg polisie terug bring. Dit is werkskepping en die stasies en treinspore sal weer veilig wees.

JK ·

Hulle ouer boeties was jare gelede genome “staff riders” – dit is ‘n lang en ou tradisie om te kyk wie is die vinnigste, hulle staan partykeer bo-op die treine – Niks nuuts nie vra die vorige drywers en assistente

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.