12 sterf in twee botsings in Vrystaat

Argieffoto

Elf mense is Sondagmiddag dood in ʼn botsing op die N3 tussen Villiers en Warden in die Vrystaat.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het omstreeks 15:30 sowat 10 km buite Villiers gebeur. Volgens Mbambo was ʼn vragmotor in die rigting van Warden op pad toe dit reg van voor met ʼn Toyota Quantum-minibus gebots het.

“Elf passasiers in die minibus het op die toneel gesterf. Nog vyf passasiers is per helikopter na hospitale geneem. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het Mbambo gesê.

Vroeër die dag het nog ʼn persoon in ʼn ongeluk buite Brandfort gesterf, terwyl nog drie na hospitale gehaas is. Mbambo sê die ongeluk het omstreeks 14:00 op die ZR Mahabane-pad tussen Bloemfontein en Brandfort gebeur toe ʼn BMW en ʼn VW Polo gebots het.

“Een passasier van die Polo is op die toneel dood, terwyl drie ander mense na hospitale in Bloemfontein geneem is. Die vyfde insittende is op die toneel behandel, maar nie hospitaal toe geneem nie,” sê sy.

Die bestuurder van die BMW was alleen in die voertuig en is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cor ·

Dit is onnodige lewensverlies as gevolg van een onverantwoordelike bestuurder. Nou wonder ek by myself gister kom ek van Natal af en daar deur die Drakensberge ry n Quantum mini bus baie onverantwoordelik gaan op sper strepe verby. Anderkant Oliviershoek pas draai hy weg na Harrismith. As ek na die tyd van die ongeluk kyk kan dit moontlik hy wees. Ek het sy reg nr op video kan ook moontlik n heel ander een wees

J ·

Afstand skatting is die grootste oorsake van n ongeluk.
Taxi’s wat alle padreels verontagsaam en dink dit is Kylami ken nie van stop tekens robotte nie of sper strepe nie.
Bakkies sedan motors en taxi’s wat nie trokke in agneem nie . Trokke kan nie op kort afstande net skieluk brieke aanslaan nie en direk stop nie daai swaer vrag stoot die trok met geweld nog vinniger voorntoe viir die trok tot stil stand kan kom.
Bakkies , sedan motor en taxi ‘s is vir die meeste slagting op ons paaie veroorsaaken voel n veer vir die mense wat saam met hulle in die voertuig is.

rina ·

Ek het gister vanaf Parys na Amersfoort gery, tussen Balfour en Perdekop was daar hordes taxis en glo my hulle ry soos hulle wil, ek moes ‘n paar keer pad maak sodat hulle kan verbygaan en dit op solide sperstrepe. Hulle is roekeloos en sonder gevoel vir ‘n volgende padgebruiker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.