13 dood, 9 beseer in gru-botsing

Die toneel op die N12 tussen Fochville en Westonaria in Gauteng. (Foto: ER24)

Dertien mense is dood en nege ander beseer tydens ʼn botsing Sondagaand op die N12 tussen Fochville en Westonaria in Gauteng.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici en ander mediese dienste kort ná 20:00 na die toneel ontbied waar ʼn bakkie en ʼn motor gebots het.

Meiring het gesê dat talle liggame met paramedici se aankoms verspreid oor die toneel gelê het. Van die slagoffers was in die wrakke vasgekeer.

By nadere ondersoek het paramedici gevind dat vyf passasiers wat in die motor was en agt passasiers, insluitende kinders, wat in die bakkie was ernstige beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon het nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Drie pasiënte, waaronder een kind, is per helikopter na ʼn hospitaal geneem. (Foto: ER24)

Nege ander beseerdes is op die toneel behandel. Ses van dié beseerdes, wat ook kinders insluit, was in ’n kritieke toestand terwyl drie ander matige beserings opgedoen het.

Volgens Meiring het paramedici die beseerdes op die toneel behandel waarna drie pasiënte, waaronder een kind, per helikopter na ʼn hospitaal geneem is.

Meiring het gesê die ander beseerdes is per ambulans na hospitale gehaas.

Die besonderhede van hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wiskundige ·

Maroela Media,

Help my asseblief met die somme. 13 dood en 9 beseer = 22 mense.

Dit na n voertuig en ‘n bakkie gebots het?

Daar was 5 mense in die motor wat dus laat dat daar 17 mense in die bakkie was?

Top bakkies in hulle klas kan 1 ton vervoer, 17 mense weeg baie meer as 1 ton.

Wat mis ek???

Ramkat ·

Wiskundige. ‘N taxi vat 18 mense en as die beamptes hom stop klim tot 42 uit. Jou somme is nie altyd reg nie. Dit is Afrika.

cha ·

Daar staan nerens dat daar net 5 mense in die motor was nie. Al wat daar staan is dat 5 PASSASIERS wat in die motor was, oorlede is. Dus, daar is minstens nog ‘n bestuurder ook in die motor en dalk passasiers wat nie oorlede is nie?

janneman ·

Het verlede week daai pad gery in die aand, die spoed en onverskilligheid os iets onge-ewenaard! Ek het die gevoel gekry dis net n kwessie van tyd voor daar n groot ongeluk gaan gebeur….en hier is dit nou. ß

My Mening ·

Daar is altyd ongelukke op daai pad. Dit is ook erg om in die donker op daardie pad te wees, ek stem. Daar is geen beligting hoegenaamd nie, en tonne karre wat swak ligte het wat jy eers raaksien wanneer jy op hom is. Ek vermy eerder die N12 in die nag en ry eerder graag Carletonville om Fochville toe, omdat ek veiliger voel.

Drieks ·

Ons is darm gemeen om te vra hoeveel per voertuig?. Ons bly vir jare in land waar meeste mense nie voertuie het nie. En hul smeek elke taxi of voertuig vir asseblief ‘n plekkie.

Pieter ·

Regtig ? Hierdie tipe berigte hoort nie in die nuus nie. As jy oorlaai is dit dieselfde as dronkbestuur. Maak nie saak hoe lus jy is om te ry nie.

Liezl ·

Drieks, daar is niks gemeens daaraan nie. Dis wetteloos en onverskillig. Sal jy jou hele familie in jou motor inprop? Ry jy sonder veiligheidsgordel, stop jy nie by stopstrate nie?
Die meeste mense het nie voertuie nie, want die meeste mense hoort nie op die pad nie of het nie ‘n lisensie nie. Hier is te veel mense wat nie hier hoort nie.

Asjas ·

Daar is BAIE mense met voetuie wat nie op die pad hoort nie. Dis nou hulle land, hulle kry die werk, die salarisse, die studie geleenthede, alles word vir hulle op ‘n skinkbord gegee.
Hulle klim in Taxis en bakkies sonder om te vra of die drywer bevoeg is of die voertuig padwaardig.
So desperaat was ek nog nooit in my lewe nie en ek het juis daarom oorleef.

My Mening ·

Dit is regtig ‘n gevaarlike stukkie pad om te ry. Daar is al heelwat mense op die N12 tussen Fochville en Westonaria oorlede. Daar is ‘n garage waar onverskillige bestuurders onnodige kanse vat om sommer so voor aankomende verkeer in te ry. Daar is ook twee afdraaie, die sogenaamde bankpad wat na die Driefontein myne afdraai en dan is daar ‘n afdraai wat na die Kloof myne toe gaan. Ongelukkig weet ons wat die N12 gereeld ry, dat spoed gewoonlik aan die orde van die dag is. Daar waar jy toegelaat word om 100km/h te ry, sal ‘n windlawaai in sy karretjie sommer teen 160km/h verby jou gejaag kom. Nodeloos om te noem dat verkeersbeamptes glad net nooit sigbaar is nie, juis op die stuk pad waar dit nodig is.

Lien ·

Dit is verbasend hoe baie ongelukke deesdae met die aankoms van Paramedici sommer geen lewe toon, wonder net of word daar werklik moeite gedoen om te probeer? Vra maar net?

Asjas ·

Lien, ek dink jou kommentaar is onverdiend. Ek glo nie jy besef hoe toegewyd paramedici is wat enige tyd van die dag of nag mense bystaan nie. As daar slegs twee of drie paramedici per ambulans eerste by die toneel opdaag, hoe dink jy moet hulle aan 22 passasiers gelyktydig aandag gee. Daar is nie dadelik 5 ambulanse om hulp aan te bied nie. Ek glo in my hart dat geen paramedici sommer sal staan en toe kyk hoe mense sterf nie en indien passasiers reeds oorlede is sal hulle die oorlewendes help so goed hul kan. Dink bietjie voor jy kommentaar lewer.

Kokkie ·

Die getal sterfgevalle in hierdie enkele ongeluk is omtrent ‘n kwart van die sterfgevalle in die moskee-aanval in Nieu-Zeeland.

Henk ·

En wat presies het die twee met mekaar te doen, maak glad nie sin nie wat jy sê nie. hou by die onderwerp, liewe hemel.

Jack Russl ·

Dit is ‘n vreeslike ding wat in NZ gebeur het. Op die oog af lyk Kokkie se kommentaar heeltemal onvanpas. Maar kyk weer daarna. In NZ het ‘n persoon die bedoeling gehad om mense dood te maak, en hy het dit reg gekry. Het hierdie mense wat so onverskillig ry nie dan ook dieselfde bedoeling nie. As jy die bestuurder van ‘n bakkie is en jy laai 16 passasiers op, weet jy dat dit nie goed kan einding deur die bakkie so te oorlaai nie.

Kla die bestuurder aan vir moord

Leon ·

Australië se totale pad sterfte syfer vir Feb tot Feb 2019 was 1172mense
Suid Afrika se padsterfte syfer vir KERSFEES alleen was 1612mense.
Geen kommentaar verder te lewer, ons vermoor onsself!!

Juffie ·

Ek ry ook daagliks dieselfde pad van Carletonville af Potch – dit is ongelooflik om te sien hoe mense kanse vat om verby te steek. Ons moes al dood in die pad stop vir iemand wat ‘n kans wou waag wat nie in die lang tou karre wou sit nie. Dis asof die mense dink hulle is immortal en sal niks oorkom as hulle in ‘n kop aan kop botsing betrokke is nie.

ne ·

Daar is altyd plek vir nog een, taxi of bakkie maak nie saak nie.

Gert van Wierdapark ·

Vraag. Indien dit dit mense agterop n bakkie was – wat staan in die regulasies? Verder: ‘n bakkie met n kappie wat in baie gevalle oorlaai word – wat is wetlik korrek. Myns insiens is een rede vir die dood van soveel mense in een ongeluk, oorlading gepaardgaande met n oortreding van n padreel van een of ander aard, plus die menslike faktor. Uiters tragies hoe padsterftes se syfers daagliks ophoop, maar as daar ongevalle is weens n myn-ongeluk, dreig vakbone met stakings ens.

Spike ·

Die bestuurders is nie immortal nie. Ons sit met premitiewe dwase.

Kokkie ·

Baie dankie dat jy die moeite gedoen het om die verband tussen die twee voorvalle aan Henk te probeer verduidelik, Jack Russel. Ek hoop hy snap dit. Maar dit is miskien in sy geval inderdaad so dat ‘n halwe begrip ‘n hele woord nodig het. Elke dag vaar duisende onbekwame kamakasi-taxi-bestuurders met hulle onpadwaardige taxi’s, bakkies, busse en ander flentervoertuie op ons slaggatpaaie uit om almal rondom hulle : voetgangers, passasiers en ander padgebruikers se lewens in doodsgevaar te stel. En Henk is kennelik nie bewus van die slagting op ons paaie nie. In baie gevalle word gesinne heeltemal uitgewis en mense gruwelik vermink. Die voorval in NZ het met reg opslae dwarsoor die hele wêreld gemaak. Maar in hierdie padslagting wat ‘n kwart van die NZ -voorval se slagoffers geeïs het, word kwalik genoem. En hoeveel soortgelyk gru-ongelukke het daar nie in onlangse tye in ons land plaasgevind nie…….en Paasnaweek lê om die draai?? Kan die gereg in ons land dan nie iets doen om die terrorisme op ons paaie te bekamp nie.

Andries van Vuuren ·

Ek glo nie aan “ongelukke” nie. Of die bestuurder beheer verloor, of ‘n band bars, ‘n kop aan kop botsing, wat ook al die oorsaak mag wees: Dit is ‘n menslike fout. Gewoonlik spoed wat nie reg was vir die omstandighede nie of die lading of padwaardigheid van die voertuig. Die padwaardigheid van die voertuig, insluitende die toestand van die bande, is die bestuurder se verantwoordelikheid – ‘n menslike fout.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.