13 van Tshwane-metropolisie vas vir korrupsie

(Argieffoto: Tshwane-metropolisie)

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) beoog om korrupsie in eie geledere uit te roei en 13 lede van die TMPD is reeds verlede maand op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die verdagtes is begin Augustus in hegtenis geneem waarna hulle elkeen op borgtog wat wissel van R1 000 tot R5 000 vrygelaat is.

Mahamba het nie besonderhede rakende die beweerde misdrywe verskaf nie. Hy het wel gesê die verdagtes wag nou op hul tweede hofverskynings.

Volgens Mahamba het die TMPD tugstappe teen die verdagtes gedoen en skorsingsbriewe is in die derde week van Augustus aan al 13 lede uitgereik hangende verdere ondersoek.

“Die TMPD is vasbeslote om korrupsie onder sy lede uit te roei en hierdie sake word verder ondersoek. Meer inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.”

Mahamba het ʼn beroep op mense gedoen om gevalle van korrupsie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Suzette ·

En dan is hierdie spul kamtige wetstoepassers… sirkus de lux

Androclus ·

Daardie ouens moet ‘n goeie voorbeeld van gemaak word .sodat die ander wat dit ook wil probeer sommer daarvan vergeet.(soos bv.sy werk verloor,wat ‘n hartseersaak is.)

Persheks Adri ·

Vang net klein vissies en probeer ons aandag weg kry van die korrupsie in die regering! Seker ‘n begin…

Nico ·

Daar word te vinnig borgtog gegee, hoeveel van hulle daag op vir die hofsake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.