17-jarige sterf in botsing

‘n Sewentienjarige seun is in die botsing dood. (Foto: ER24)

ʼn Sewentienjarige seun is dood toe ʼn vragmotor en ʼn motor Dinsdagaand op die R559 by Randfontein in Gauteng teen mekaar gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die motorwrak langs die pad gekry. Die vragmotor het sowat 100 meter verder tot stilstand gekom.

“Paramedici het die liggaam van ʼn seun, vermoedelik 17 jaar oud, vasgekeer in die motorwrak gekry. Die seun was ernstig beseer en het geen tekens van lewe getoon nie.”

Hy was die enigste insittende.

Meiring het gesê die seun is op die toneel dood verklaar.

Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

“Die besonderhede oor die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die owerhede ondersoek die voorval,” het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Donderstorm ·

Baie trok en bus drywers ry net oor n stop voor jou in en verwag jy moet stop al kom hul in van n sy pad baie van hulle kan blykbaar nie afstand en spoed van n aankomende voertuig reg skat nie of hul ry van die een baan oor na die ander en jy moet maar net rem aanslaan die busse het n sticker wat se please let me in so hul ry net in voor jou en jy moet maar net rem om nie in n ongeluk betrokke te wees nie en hul weet dit as hul iemand stamp bv voel hul dit nie hul stop somme in die middel van die pad sit hul emergencies aan en laai mense af en dan moet jy sukkel om verby hul te ry daar is darem maar baie ongeluke met trokke en busse op die land se paaie deesdae van die trokke jaag op hoe spoed en sit op jou moter se agter end en ander ry weer n slakke pas.

Seemonster ·

My ervaring op die pad is dat verreweg die meerderheid trokdrywers dubbel-versigtig moet ry omdat “gewone” bestuurders totaal onbedagsaam teenoor trokdrywers is. “Gewone” bestuurders jaag dikwels teen onvanpaste hoë spoed by vragmotors verby, Die spoedverskil veroorsaak dan gevaarlike situasies. Ander kere sny motors voor vragmotors in en rem dan skielik. Meeste van ons verstaan dat vragmotors nie so vinnig kan stop nie, maar daar is sommige “mense” wat skynbaar nie daardie insig het nie. En dat is daar daardie onbedagsame bestuurders wat net doodeenvoudig nie sal plek maak vir ‘n vragmotor wat van baan wil verwissel, om voor hulle in te kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.