Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn 17-jarige seun wat die afgelope naweek in polisieaanhouding in Mpumalanga gesterf het.
Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê Calvin Chiloane is Saterdag dood aangetref waar hy in ʼn polisiesel by die Pienaar-polisiestasie gehang het. Hy het sy skoolhemp gebruik om sy eie lewe mee te neem.
Volgens Dlamini is Chiloane in hegtenis geneem vir die verkragting en moord op ʼn 16-jarige skoolmeisie wie se liggaam vroeër in ʼn vlak graf aangetref is. Hy het Vrydag in die hof verskyn waarna hy terug na ʼn jeugsel geneem is waar hy alleen aangehou is. Hy sou Maandag weer in die hof verskyn het vir ʼn formele borgtogaansoek.
“Die familie van die oorledene is in kennis gestel van sy dood. ʼn Geregtelike doodsondersoek word deur Opod gedoen,” het Dlamini gesê.
ʼn Nadoodse ondersoek sal môre gedoen word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Regtig, hoe kry jy jouself aan ‘n skoolhemp opgehang?
Die verkragting en moord deur die beskuldigde het protes aksie in die Nelspruit omgewing veroorsaak en die polisie was onder druk om ‘n arrestasie te maak. Ek glo die beskuldigde het ook geweet dat sy vryheid in die openbaar is nie meer gewaarborg is.
Die gemeenskap sou geregtigheid in eie hande geneem het.
Glad nie so moeilik as wat jy dink nie, veral as dit ‘n langmou hemp is
Dit is swak van die polisie ,en nou verstaan ek hoekom so baie ontsnap uit polisie aanhouding ,daar is geen toesig ,dit bly hulle sluit die gevangenes toe net na sononder waarna hulle self regmaak vir bed net om die volgende oggend te ontdek iemand is dood of weg.
Ek weet van niemand wat meer respek het vir die polisie nie ,ons almal sien hulle as skurke waarteen ons ons kinders waarsku.Die polisie is daar gestel om te dien en te beskerm in my dorp die hulle die nigeriërs en pakistaniers wat dwelms verkoop en soos ons hier sien kan jy nie eers beskerming verwag in n tronk sel nie.