182 taxi’s in Kaapstad geskut

(Foto verskaf)

Die Stad Kaapstad het Dinsdag gesê 55 verdagtes is in hegtenis geneem in verband met verskillende oortredings, 182 voertuie is geskut en 4 698 boetes is uitgereik tydens ʼn operasie om op onwettige taxi’s in die stad toe te slaan.

Die Stad Kaapstad se veiligheid- en sekuriteitsdirektoraat het die operasie in Mei van stapel gestuur in reaksie op voortgesette klagtes oor gedrag van bestuurders in die openbarevervoerbedryf.

“Die doel is om minstens twee sulke ingrypings elke week te hou, in samewerking met die verkeersdiens, metropolisie en wetstoepassers. Ons fokus op spesifieke gebiede,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Colleen ·

Dit help in elk geval nie. Daar is te veel korrupsie en die boetes verdwyn stil stil. Oral is kaders wat in belang van die oortreders optree.

Skoolgeld ·

Dink daars ñ paar “comon fish people” wat baie die skoewe in is vir die Stad Kaapstad!

GP ·

Jammer DA kon nie sukses in Pretoria behaal nie. Net agteruit gegaan laaste 5 jaar. Verkeers polisie sit en speel op hul selfone terwyl mense eenvoudig oor stop strate ry voor hulle. Geen wette onder Gauteng DA.

humor ·

Oral tot in die kleinere dorpe is hul onverskullig en onbeskof. As jy nie in n ongeluk wil beland nie dan moet jy dit maar self verhoed.

Gert van Wierdapark ·

Die DA in Tshwane moet eers “wakker geskud” word, voordat Taxis geskut sal kan word!

Sandra ·

Die verkeerspolisie is Baie sigbaar hier in die Kaap en skroom nie om taxi’s af te trek nie. Wat my egter bekommerd is dat die goed net eenvoudig dan voortspoed om verlore tyd en geld op te maak. Hulle padreels is Baie flexable

Slim Jan ·

Baie geluk!
Maar soos met die stem knoeiery die persentasie inhegtenisnemings is soooo klein dis weglaatbaar. 182 taxies geskud…. van hoeveel in totaal wat mens kan sê onwettig opereer? Praat weer as julle by 1 820 kom op ‘n naweek….. behoort nader aan 15 000 te wees per week landswyd….. dit sal nou ‘n goeie stukkie werk wees. 182 is nes ‘n “one night stand” – nie goeie werk nie. Julle leer hulle om julle blokades te vermy. Dis al.

Hanna Hoekom ·

Net eergister is 24 mense in n taxi ongeluk oorlede. Ja, ja almal weet die taxi was hopeloos oorlaai… Hierdie skut van doodskiste op wiele is n stap in die regte rigting. Nou vir die res van die provinsies!

anton ·

Ja nee…..in Gauteng sal dit NOOIT gebeur nie!!!
Dink al die taxis hier behoort aan die Metro, polisie of die mafia……

Ben Potgieter ·

Daar gaan niks van hierdie veldtog kom nie.Binne dag of twee word paaie beset en owerhede trek kleinkoppie teen die taxi mafia.Enige weddenskappe ?

Leon ·

Is dit al. Ek weet van ten minste ‘n 100 000 taxis wat geskut kan word.

Leon ·

Is dit al. Ek weet van ten minste ‘n 100 000 taxis wat geskut kan wor.

Wielspore ·

Goeie werk, ons hoop van harte dat ander stede en dorpe met dieselfde strategie begin. Dit is beslis ‘n stap in die regte rigting om vrot appels uit die mandjie te verwyder.

emily ·

Ag asb, hier gaan niks van kom nie. Soos gewoonlik gaan hulle in opstand kom, nes die betogers in die land, En dan maar weer hulle sin kry soos gewoonlik.

emily ·

Ag asb, hier gaan niks van kom nie. Soos gewoonlik gaan hulle in opstand kom, nes die betogers in die land, En dan maar weer hulle sin kry soos gewoonlik.
Kom ry bietjie in Pretoria vernaam Vermeulen straat, liewe hemel lyk my al die strate hier behoort nou aan hulle.

Pieter, Weskaap. ·

Verlede week het ‘n minibustaxi ‘n u-draai in Ou-Paarlweg, Bellville, gemaak en met so ‘n slag my seun se motor, wat in die straat gery het, getref dat dit omgetol het in die baan waarin dit was. Gelukkig is nie hy of sy 11 jarige dogter of iemand in die taxi beseer nie. ‘n Polisiebeampte het die taxibestuurder daarop gewys dat hy die u-draai oor ‘n sperstreep gemaak het.
Die taxibestuurder het ‘n geldige bestuurlisensie maar SONDER die nodige Professionele Bestuurspermit.
My seun se 2011-model motor is deur die versekeraar afgeskryf…….

Ou Johnny ·

Ons lees nie hoeveel onwettige wapens gekry is en hoeveel arrestasies was daar gemaak daarvoor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.