Altesaam 19 mense is beseer nadat ʼn bakkie Saterdagoggend in Vanderbijlpark in Gauteng gerol het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 in Deflos-boulevard plaasgevind.
“Volgens inligting vanaf die toneel het die bestuurder van die bakkie, met 19 insittendes, beheer oor die voertuig verloor. Die bakkie het die pad verlaat en verskeie kere gerol. Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê.
Botha het gesê die bakkie se wrak het op sy wiele in die veld langs die pad tot stilstand gekom.
“Die insittendes is uit die bakkie geslinger toe dit gerol het. Hulle is op die grond van die toneel aangetref en het beserings opgedoen wat strek van ernstig tot gering.”
Die beseerdes is op die toneel behandel en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.
Oorsaak van ongeluk onbekend ?? Seker maar ń meganiese fout ! Wat sy oorsprong gevind het uit oorlading (19+) en dan heelmoontlik spoed.
Passasiers agterop ‘n bakkie is beslis nie INSITTENDES nie. Kla die bestuurder vir “dolus eventualus” want hy moet voorsien dat 19 mense op ‘n bakkie iemand se dood kan veroorsaak!
19 maal +|_ 60 kg = 1140 kg
Dis seker meer met ander items ens.. Ek dink die bandjies wou maar nie meer nie !!
Ek sien dis ‘n Triton bakkie hoe laai jy 19 mense agter op????
10 voor en 9 agterop!
Al die mense staan agter op. Ingeryg soos sardientjies.
Jou kom is verkeerd,
Hulle weer lank nie meer 60 kg nie,die kom is Hulle19 x 140
19 mense … is jy mal!!!
Overload cause unstability, cause accident. Stupidity.
“en word deur die polisie ondersoek”, hahahahahaha……
Ek lag saam jou vir die belaglike regering, belaglike wetstoepassing, en belaglike gepeupel wat maar netnie Kan verstaan waarom daar reels is nie. Sommiges moet begin aanvaar dat onwettige optrede tot slegte gevolge Kan lei, die dat daar so n reel is. Jammer vir die onskuldige kinders wat daar in gedwing was as daar was.
Vat hom flafi net jamer
Ekke tel in die week n taxi se passasiers op die Brooklyn sirkel en glo my hul regeer nou daai sirkel 22 van hulle en glo my nie almal was klein mense nie hoor