2 dood, 1 gewond in gepoogde transitorooftog

Argieffoto.

Twee verdagtes is dood en ʼn sekuriteitswag gewond ná ʼn gepoogde transitorooftog Maandag by ʼn winkelsentrum in KwaMashu, noord van Durban in KwaZulu Natal.

SBV Services, ʼn private sekuriteitsmaatskappy, het in ʼn verklaring gesê die maatskappy het dienste aan ʼn kliënt by die Bridge City Mall gelewer toe hulle deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is.

ʼn Skietvoorval het tussen sekuriteitswagte van die maatskappy en die verdagtes uitgebreek waartydens twee van die verdagtes doodgeskiet is. ʼn Sekuriteitswag is in die skietery gewond en na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Luidens die verklaring is geen kontant in die voorval geroof nie.

“Besonderhede rakende die aanval is steeds onbekend en kan ook nie bekend gemaak word terwyl die ondersoek onderweg is nie,” het die maatskappy in die verklaring verduidelik.

Die maatskappy het wel bevestig hy werk nou saam met die polisie wat die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Moeggesukkel ·

Soos die regering belastinggeld mors en nou pensioenvondse wil buit, begin ek nou om simpatie te kry met die transitorowers! Dit is dalk n opsie om te oorleef as pensionfondse ook gebuit is van die ouer mense wat hul lewe lank hard gewerk het!

Al ·

Baie trots op jul SBV! Nog ñ paar suurstofdiewe wie onskuldige SA burgers terorriseer, het die aarde verlaat.
Sterkte aan die gewonde sekuriteitswag, mag hy gesond raak.

Schalla ·

So bly die skelms het hulle rieme styfgeloop! Jammer dat een van die goeie ouens gewond is en baie bly dat geen onskuldige omstanders in die kruisvuur seergekry het nie. Dis lekker om bietjie goeie nuus ook te lees so nou en dan. Mooi so SBV. Skelms moet vasgevat word. Hulle is heeltemal te arrogant en voer ‘n skrikbewind. Stuur hulle waarheen hulle hoort.

JohanR ·

Wonder of die twee, nou dood verdagtes, lede van die polisie was? Dit is gevind by transitorooftog in SA, dat of daar is polisie lede betrokke by die beplanning, of by die aanval self. Beter om NIE jou privaat vuurwapen by die polisie in te handig nie.

blouapie ·

@Al – stem 1,000% met jou saam! Kry vir julle! Geluk SBV!

Oujongvrou ·

Mooi, lankal tyd dat die mense gewapen is en hulself kan verdedig. Hats off.

Jaco ·

MM as Jul die berug gaan kyk op Google Dan sien Jul ordentelike fotos en video.
Weldone SBV.
Dit is wat moet gebeur

Carel ·

Ja nou wil die staat die security manne se semi auto wapens weg neem, dis dalk hoekom want hul (wagte) is te gevaarlik vir die skelms, wys dit nie vir ons dat staat dalk betrokke is by die rooftogte nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.