20 590 vuurwapens uit sirkulasie gehaal

(Foto verskaf deur SAPD)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het oor ʼn periode van ses maande 46 592 vuurwapens permanent uit sirkulasie gehaal. Dit volg ná vuurwapens, ammunisie en vuurwapen-onderdele waarop daar tydens misdaadbekampingsveldtogte beslag gelê is, dit vrywillig ingehandig is of dit aan die staat verbeur is en in Vanderbijlpark, Gauteng vernietig is.

Kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, het gesê nog 20 590 vuurwapens is Donderdag vernietig. Altesaam 15 465 van dié vuurwapens was handwapens en 2 686 was gewere. Altesaam 1 855 daarvan was haelgewere en die res was dele van vuurwapens.

“In Maart vanjaar is 26 002 vuurwapens ook vernietig. Dit bring die totale hoeveelheid vuurwapens wat vernietig is, op 46 592 te staan.”

Mathe sê die adjunk-kommissaris verantwoordelik vir sigbare polisiëring en bedrywighede, lt.genl. Michael Mohlala, het toesig gehou tydens die vernietiging van die vuurwapens. “Alle vuurwapens wat vernietig is, is onderwerp aan ballistiese toetse om te bepaal of dit in enige misdaad gebruik is. Die SAPD bevestig dat nie een van dié vuurwapens in ʼn misdaad gebruik is nie.”

Van die 46 592 vuurwapens was die meeste vrywillig aan die staat oorhandig tydens die amnestieperiode in 2019/2020 en 2020/2021, of daar is daarop beslag gelê tydens intelligensie-operasies, roetine soektogte en wenke wat van lede van die gemeenskap ontvang is.

“Die SAPD sal sy bedrywighede verskerp om onwettige vuurwapens en ammunisie van die strate van Suid-Afrika te verwyder. Dit hou ʼn bedreiging in vir die veiligheid en sekuriteit van die burgers van die land. Hierdie organisasie wil dus van die geleentheid gebruik maak om lede van die publiek te loof dat hulle ʼn rol speel om Suid-Afrika ʼn veiliger plek te maak. Die Diens bly vol vertroue dat die vernietiging van vuurwapens beteken dat dit permanent uit sirkulasie gehaal is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pampoenboer ·

Pleks hulle die gewere by Iscor gaan smelt dan sppar ons darem staal

Waarnemer ·

En hoeveel van hierdie vuurwapens het in die hande van die kaders beland?Hoeveel plaasmoorde gaan agv hierdie wspens gepleeg word?Hoeveel onskuldige lewens gaan agv hierdie wapens geneem word?HOEVERL VAN HIERDIE WAPENS IS WERKLIK VERNIETIG???

Korrelkop ·

Goeie vraag! Ons ken ook mos noual by die tyd hoe dinge in hierdie land werk.

Anel ·

Nou het hulle gedink kriminele gaan hul wapens vrywillig inhandig? Dink weer!!!!

Pietertjie ·

En nie ‘n enkele een van daardie wapens kon aan misdaad verbind word nie. Dit beteken dat ALLE wapens wat vantevore in misdaad gebruik was, nog steeds in sirkulasie is. Wat ‘n grap!

Herman L ·

Beteken dit dat hulle nie een vuurwapen wat vir misdaad gebruik word, uit sirkulasie gehaal het nie?

Elize ·

Wat is die totaal van julle verkope en in wie se sakke het dit beland?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.