214 tronkbeamptes in W-Kaap toets al Covid-19-positief

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste het bekend gemaak dat die getal Covid-19-gevalle onder gevangenes en beamptes tot 884 gestyg het.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het 559 gevangenes en 325 beamptes reeds positief vir Covid-19 getoets.

In die Oos-Kaap het nog 25 gevangenes en een beamptes positief getoets. Nxumalo het gesê in die Wes-Kaap het nog ses beamptes positief getoets en twee in KwaZulu-Natal.

“Tot op datum het 214 mense reeds van die virus herstel. Die aantal aktiewe sake staan dus op 664.”

Altesaam 490 gevangenes en 89 beamptes in die Oos-Kaap het al positief vir Covid-19 getoets en drie sterftes is aangemeld. Volgens Nxumalo het 72 van hulle reeds van die virus herstel.

In die Wes-Kaap het altesaam 57 gevangenes en 214 beamptes al positief getoets, drie sterftes is aangemeld en 129 van hulle het reeds van die virus herstel.

In Limpopo het twee beamptes positief vir Covid-19 getoets en een personeellid van die virus herstel. In Gauteng het 12 beamptes en 12 gevangenes positief getoets en 10 van hulle het reeds van die virus herstel.

In die Noord-Kaap het twee beamptes positief vir Covid-19 getoets met een van die beamptes wat reeds van die virus herstel het. In KwaZulu-Natal het vier beamptes reeds positief getoets.

In die Vrystaat het een beampte positief getoets. Daar is ook een beampte wat positief getoets het by die departement se hoofkantoor, maar reeds van die virus herstel het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.