22 SA’ners nog gestrand ná vlugtog uit Soedan

(Foto: AFP)

Minstens 22 Suid-Afrikaners is tans op ’n vragskip in Egipte gestrand nadat hulle uit oorloggeteisterde Soedan gevlug het.

Die groep sit weens probleme met hul dokumente sedert Saterdag op die vragskip MV Markab in die Safaga-hawe gestrand en het Maandagoggend kontak gemaak met die humanitêre noodlenigingsgroep Gift of the Givers.

“Die Suid-Afrikaners het sitplekke op ’n vlug van ’n kommersiële lugredery na Suid-Afrika. Hulle het toestemming nodig om Egipte binne te gaan en by die lughawe te kom,” sê dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van Gift of the Givers.

Volgens hom is die Suid-Afrikaners deel van ’n groep wat sedert September verlede jaar uitgekontrakteur is om aan ’n projek in Soedan te werk. “Die projek sou oor twee weke afgehandel gewees het, maar toe breek die oorlog uit,” sê Sooliman.

Gift of the Givers het intussen kontak gemaak met Zane Dangor, direkteur-generaal van die departement vir internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), en Suid-Afrika se ambassadeur in Egipte, ambassadeur Ntsiki Joe Mashimbye.

Tientalle Suid-Afrikaners het die afgelope naweek veilig uit Soedan op tuisbodem aangekom.

Maroela Media het vroeër berig die groep Suid-Afrikaners het Sondag by die OR Tambo-lughawe neergestryk waar dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, en Thandi Modise, minister van verdediging, hulle terugverwelkom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amelia ·

Dit sou nie vir hul nodig gewees om in ander land te gaan werk as hier vir hul werk was nie en natuurlik regverdig behandel is nie

Pieter ·

As jy werk kry in SA. Jy is een van die gelukkiges. Baie ouens moet in sulke slegte omstandighede gaan werk om sy geliefdes te onderhou

Pieter ·

en dis die toestande wat ons moet trotseer omdat ons uit die werkmark gehou word agv BBEEE in Suid Afrika

Koen ·

En sommiges reken SA is die gevaarlikste in die wêreld. Weet nie hoekom mense wil terugkom na die gevaarlikse land in die wêreld nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.