26 gered toe hul boot aan die brand slaan

(Foto: NSRI Simonstad)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Vrydag in die vroeë oggendure 26 bemanningslede gered toe hul boot naby Kaappunt aan die brand geslaan het.

Woordvoerder Craig Lambinon sê die NSRI Simonstad is omstreeks 00:40 ontplooi ná berigte ontvang is van ʼn 35 meter lange Houtbaai-gebaseerde ondersteuningsvaartuig wat suid van Kaappunt in ligte laaie gestaan het.

Die maritieme reddingskoördineringsentrum (MRCC) en Telkom- maritieme radiodiens het reageer op die brand en alle vaartuie in die gebied is in kennis gestel.

Die vragvaartuig Aquaexplorer en vissersboot Umfondini is vir bystand ontbied.

Die 26 bemanningslede het in ʼn lewensreddersboot hul vaartuig verlaat. Hulle is deur Umfondini bygestaan.

“NSRI Houtbaai is ook ontplooi en hulle het twee reddingsvaartuie uitgestuur.”

Die bemanningslede is nie beseer nie en almal was veilig op die Umfondini. Hulle is na Buffelsbaai gebring waar hulle op die NSRI Simonstad se reddingsvaartuig Donna Nicholas oorgeplaas is. Van daar is hulle na NSRI Simonstad geneem en uiteindelik veilig terug vervoer na Houtbaai.

Die oorsaak van die brand is nie bekendgemaak nie.

In the early hours of Friday morning, 14 April, NSRI crew were activated following reports of 26 crewmen abandoning their vessel that caught alight off Cape Point. Read the full story here:https://www.nsri.org.za/2023/04/combined-efforts-in-assisting-26-casualties-off-a-vessel-on-fire-off-cape-point/Footage courtesy of the crew of the Umfondini.

Posted by NSRI on Friday, April 14, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.