29 kinders beseer toe bus omslaan

Die bus wat omgeslaan het (Foto: Verskaf)

Altesaam 29 kinders is beseer toe die bus waarin hulle gereis het Donderdagoggend op die M70, buite Taylors Halt in KwaZulu-Natal, omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 07:30 na die toneel ontbied. By hul aankoms op die toneel het die bus op sy kant langs die pad gelê.

“Die kinders het uit die bus geklim en het op die ongelukstoneel rondgeloop,” sê Meiring.

Die minibustaxi wat in die sloot beland het (Foto: Verskaf)

Hulle het geringe tot matige beserings opgedoen.

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie.

Intussen is tien kinders dieselfde dag in ʼn afsonderlike ongeluk beseer toe die minibustaxi waarin hulle gereis het, die pad verlaat het.

Die taxi het op Morcomweg, naby Mpumuza, teen ʼn spoed in ʼn sloot beland.

Geen van die kinders het ernstige beserings opgedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Die voertuie het regtig ‘n drankprobleem! Hoe val ‘n bus net om en beland ‘n voertuig sommer in ‘n sloot??

Sarel ·

Minister van Vervoer deesdae baie stil . Ouers vertrou hulle kinders toe aan Openbare vervoer hetsy bus of Taxi maar nie veilig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.