3-jarige deur honde verskeur

Argieffoto: Pixabay

Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo het ʼn beroep op ouers en voogde gedoen om met meer sorg na hul kinders om te sien nadat ʼn driejarige dogtertjie van Mahwelereng buite Mokopane die afgelope naweek dood is toe sy deur honde verskeur is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdag omstreeks 22:00 gebeur in Sone 1 van Mahwelereng.

Volgens Ngoepe het die 36-jarige ma haar kleuterdogtertjie saamgeneem na ʼn plaaslike taverne. “Toe sy by die taverne aankom, het sy glo die kleuter op ʼn bed in ʼn ander vertrek laat slaap en toe by die taverne ingegaan. Die klein dogtertjie het wakker geword en gedwaal na die erf agter die taverne waar sy deur honde aangeval is.

“Klante in die taverne het haar te hulp gesnel. Die kind is na ʼn hospitaal geneem, maar is by haar aankoms daar dood verklaar.”

Ngoepe sê die moontlikheid bestaan dat ʼn aanklag van kinderverwaarlosing teen die kind se ma aanhangig gemaak kan word, maar in die stadium is geen aanklagte nog geopen nie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê om ʼn kind na ʼn kroeg toe te neem is onaanvaarbaar en iets wat nooit moet gebeur nie. “Lede van die gemeenskap, veral ma’s en voogde, word aangemoedig om altyd hul kinders se veiligheid eerste te stel,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Koos ·

Kla die ma ook krimineel aan. Wat soek sy by ‘n kroeg met haar 3 jarige? 22:00 in die aand? Die ma het haar kind in die posisie geplaas.

Daleen Becker ·

Kla die ma aan.want waar het jy gesien n ma gaan met n 3jarige 22:00 na n Tarvin om tegaan drink.wat het sy daar gesoek.sy hoort by huis met so klein mensie…hoop sy word toe gesluit en sleutel weg gegooi.laat sy vrot in die tronk..maak my woedend..

Illse ·

Dit is baie hartseer. R.I.V kindjie, maar hoe neem ‘n ma ‘n kind na ‘n taverne toe 22:00 in die nag en laat haar in ‘n aparte kamer slaap op haar eie met mense om jou wat jy skaars ken. Stappe moet teen daardie ma geneem word.

Adrian Van Straaten ·

ek’t die berig oor en oor gelees.
ons was ook jonk, ons het ook gejol!
die kinders was liefs by ouma gelos anders was dit ‘n “volgende keer”
die ma het nie eers nodig om skuldig te bevind word, sy betaal reeds die hoogste prys
RIV kleinding

Twyfel ·

Net nog ‘n verskoning vir haar om na selfde plek te gaan en haar sorge te verdrink.

Anoniem ·

‘n Goeie ma sal haarself verwyt. Die vraag is: is hierdie ‘n goeie ma?

RS ·

1. Jy los nie jou kind alleen by n tavern nie

2. Jy bring nie n kind naby honde nie,ongeag hoe goed opgelei hul is nie

Dis nou seker die 3de kind in die laaste 2 weke waarvan ek lees wat aangeval is deur n hond. Hierdie ma is skuldig op haar kind se dood

Gaitsigubib ·

Dis so tipe retoriese vraag wat mense uitlok om sarkasties te wees.

se net ·

Net een woord, kultuurverskille. Dalk was die ma nog met die kind se staatshulp daar.

VanAfrika ·

My eks wou gehad het ek moes Vrydagmiddae in n tab/pub saam hom sit met die kinders sodat hulle daar “rond” kon speel, terwyl hy perde speel saam met sy ma. Vir hom gesê dis in die eerste plek nie my tipe plek nie en dis nie die tipe plek waar ek my kinders wou groot maak nie. Sou en sal nooit my kinders in so plek invat nie. Dankie tog nie een van my twee seuns speel perde nie en hulle teemwoordigheid in vandag se “jols” is minimal. As hulle gaan, gaan hulle plekke toe wat “reputable” is en nie tweedehandse tab/pubs nie. Kinders hoort nie in sulke plekke nie en as jou kinders nie soontoe moet gaan nie, gaan jy nie. Dit geld vir ma EN pa.

dominee ·

Strafbare manslag
Die dood van die kind was n direkte gevolg van die moeder se agterlosigheid.

Hennie ·

Moord dominee moord sy het met voorbedagte rade soontoe gegaan laat dieselfde honde haar opvreet

Piet Nel ·

Sy is nou haar kinder toelaag kwyt, sal nou minder tyd by die kroeg deurbring

Hennie ·

Sy het gaan suip en is nie gepla oor die kind nie dis die waarheid sluit haar toe dis net so goed soos moord dis veragtelik

Dina ·

Hoe kan n ma dit doen???? Deur so onverskillig teenoor haar kind op te tree.

Ekke ·

Wat soek sy daai tyd van die aand in so plek, en net om die kind te gaan dump? Nou gaan die arme honde seker weer van kant gemaak word…. dis net siek !!

Rina Kotze ·

Ekke, jy is verseker reg! Die arme honde gaan moet boet!

Wat word van kinderverkragters? Verskeur hulle ook nie kinders nie?
Dan moet hulle ook maar boet!!! Nes die honde?

As Ma sorg jy mos dat jou kinders veilig en versorgd is, en nie by sulke plekke eers ingaan nie!!! Ek sal ook nie aanvaar dat my man of iemand wat na my kinders kyk eers na so plek toe gaan of hulle eers saamneem nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.