3 onderwysers sterf in ongeluk

Argieffoto

’n Motorongeluk het die lewe van drie onderwysers van ’n skool in Johannesburg geëis.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê in ’n kort verklaring verteenwoordigers van die departement sal Woensdagmiddag die Riverlea High School in die weste van Johannesburg besoek, nadat hulle drie van hul onderwysers aan die dood moes afstaan.

“Dit is baie hartseer om drie onderwysers op een slag te verloor.”

Dit is nie in dié stadium duidelik wanneer die motorongeluk plaasgevind het nie.

Volgens Mabona sal die departement meer inligting bekend maak sodra hulle die skool besoek het. Berading sal vanmiddag aan die skoolgemeenskap beskikbaar gestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rooikoos ·

Ai, dis baie tragies. Baie sterkte aan al die naasbestaandes.

Ruan ·

Kyk, moet my nie verkeerd verstaan nie. My innige simpatie vir al die families en dis nooit lekker om iemand aan die dood af te staan nie maar genugtig moet almal nou vir alles berading gaan. As die ongeluk voor die skool gemeenskap gebeur het waar hul dit gesien het ja, maar dit raak nou te erg. Mens sal swwer as ek my voet swik by die werk of skool moet ek gaan vir berading. Ek was so paar terug met n geweer aangehou in my eie huis en ek het nie gegaan vir berading nie. Als wat gebeur het almal altyd sielkundige hulp nodig. Ons land se bestuurders moet gaan vir sielkundige hulp. Dood is ‘n lewens wet en nie ‘n straf nie. Elkeen se horlosie loop een of ander tyd uit.

Gawie ·

Ruan, verskilende mense ervaar verlies anders as ander. Hierdie is nie net nog iemand wat dood is nie – dis drie onderwysers van dieselfde skool. Hoeveel kinders word hierdeur geraak? Hoe sou jy voel as drie van jou kollegas met wie jy elke dag nou saamwerk eweskielik moes omkom in ‘n ongeluk? Uit my eie ondervinding as berader is dit van uiterste belang om berading beskikbaar te stel aan die wat dit nodig het. As jy nie berading wil hê nie is dit jou keuse, maar moet dit nie ontneem van dié wat dit dringend nodig het nie.

Hennie ·

Skors onmiddelik die skoolhoof….. Lesufi se manier van probleme oplos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.