3 studente vas ná protesaksie by Fort Hare

Die Universiteit van Fort Hare. Foto: Twitter via @SAgovnews

Drie studente aan die Universiteit van Fort Hare in Alice in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hulle te midde van gewelddadige protesaksie vandeesweek ’n kombuis by dié universiteit aan die brand probeer steek het.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê drie studente, almal tussen 20 en 22 jaar oud, is Woensdag in hegtenis geneem op aanklag van inbraak.

Dít volg nadat ʼn groep studente vroeër die dag probeer het om ʼn kombuis op die kampus, waar kos vir spyseniering gestoor word, aan die brand te steek. Kampussekuriteit en die plaaslike brandweer kon egter daarin slaag om die situasie onder beheer te bring voordat die brand verder kon versprei.

Volgens Tonjeni het nog ʼn groep studente die kombuis geplunder en probeer om hoender te steel voordat die polisie ingegryp het.

Lizo Phiti, woordvoerder van die universiteit, het gesê vyf studente is beseer nadat studente en polisiebeamptes buite die universiteit se hoofhek slaags geraak en die polisie met rubberkoeëls op studente geskiet het.

Betogings het vandeesweek by die universiteit uitgebreek oor griewe oor die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS).

Die drie studente sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Catherine ·

Lagwekkend!!!!Nog protesaksie en dan word hulle vrygelaat. What a pathetic country we live in..

wilma ·

kry als verniet maar nogi tevrede. soek seker grade sonder dat hul daarvoor gewerk het

Kobus ·

Bla bla bla vrygelaat en vereer as helde. Sal nie eers geskors of vervolg word nie

Christo ·

Om te dink dieselfde “studente” gaan die volgende dag weer in die lesinglokaal sit om iets te probeer leer – so asof niks gebeur het nie. O ja, ek het vergeet, die wereld skuld hulle mos kamtig iets……wat ‘n GRAP?????

Clipper ·

Alles word geplunder. Ken die mense nie die konsep van werk en koop nie. Ons regering se beleid om gratis hoër onderwys te gee was die grootste fout ooit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.