30 kinders in hospitaal ná ongeluk

Die wrak van die bus. (Foto: ER24)

Altesame 30 kinders is Vrydagoggend in hospitale aan die Oos-Rand opgeneem nadat ’n bus en drie voertuie in ’n ongeluk in die omgewing van Germiston betrokke was.

Sowat 100 kinders, almal tussen die ouderdomme vyf en 13 jaar oud, is vanoggend op die ongelukstoneel in Wadeville aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici van verskeie nooddienste het teen 07:55 op die toneel in Black Reef-weg aangekom, waar ’n bus en drie voertuie langs die pad gestaan het. ʼn Magdom kinders het almal naby die bus gesit.

Altesaam 30 van die kinders het ligte tot matige beserings tydens die ongeluk opgedoen. Die kinders is almal op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Meer besonderhede omtrent die ongeluk is nie bekend nie.

Die plaaslike owerhede was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

1 Bus en 3 voertuie in die ongeluk, maar omtrent 100 kinders was vervoer. Waar was al daai kinders gewees en hoeveel mag so bus aanry? Iets is uitverband hier en iemand gaan in groot moeilikheid beland.

Surfer ·

Die bus het n “roof carrier”, die ander 40 was daar. “Our people” maak altyd n plan en is onskuldig.

Pieter ·

Die ander 3 voertuie was waarskynlik minibus taxis elk met 15 passasiers…. 3 x 15 = 45 passasiers plus die 60 in die bus = 105. Dus glad nie so onmoontlik nie.

SomeOne ·

hoeveel skade, in die geval van ‘n bus, klasifieer dat dit ‘n wrak is
dit lyk vir my eerder dat die bus reeds ‘n wrak is wat kinders vervoer het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.