4 in sop ná vrou aan stoel vasgemaak is

Martha Marais (76) lê vasgebind in die Mamelodi-hospitaal. (Foto: verskaf)

Vier personeellede van die Mamelodi-hospitaal is op spesiale verlof geplaas ná die voorval vroeër die week toe ʼn bejaarde vrou met haar hande agter haar rug vasgebind aan ʼn stoel vasgemaak in die wagkamer van die hospitaal aangetref is.

Volgens IOL het dr. Bandile Masuku, nuutaangestelde LUR vir gesondheid in Gauteng, aangekondig twee dokters, ʼn verpleegster en ʼn veiligheidswag is op spesiale verlof geplaas hangende verdere ondersoek.

Dit kom nadat Masuku en verteenwoordigers van die Menseregtekommissie Sondag die 76-jarige Martha Marais en haar familie in Eersterust gaan besoek het nadat sy Saterdag uit die hospitaal ontslaan is.

Op sosiale media is daar ’n video en foto’s waarin gesien kan word hoe Marais op die vloer spartel terwyl sy aan die stoel vasgemaak is. Haar dogter Stephnie Marais is woedend in die video en eis dat haar ma onmiddellik losgemaak word.

Zweli Mkhize, die nuutaangestelde minister van gesondheid, het binne ure ná sy aanstelling sy skok uitgespreek oor die voorval. Mkhize en Masuku het reeds vandeesweek die betrokke hospitaal besoek om antwoorde van personeel te eis asook te verseker dat Marais gehalte sorg ontvang.

Die departement het tydens die besoek bevind dat die pasiënt sleg behandel is en die standaard prosedure nie gevolg is nie. Mkhize en Masuku het ʼn volledige ondersoek na die voorval aangevra en ook gevra dat die personeel wat by die voorval betrokke was, nie meer interaksie met pasiënte mag hê nie.

Marais is Dinsdag by die Eersterust-kliniek na die Mamelodi-hospitaal verwys weens naarheid en ʼn maagaandoening. Sy is met ʼn ambulans na die hospitaal vervoer.

Die hospitaal maak voorsiening vir pasiënte van Mamelodi, Nellmapius, Eersterust, East Lynne, Cullinan, Pretoria-Oos, Nkangala en Bronkhorstspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Karolis ·

Hens, nee ek dink eerder dit beteken verdwyn vir ‘n ruk uit die oog uit. Natuurlik met geld voordele.

Sarel Strydom ·

Om die Familie te besoek beteken lee politieke beloftes. Daar moet opgetree word maar nou ja die Vakbonde is mos in beheer.

Gert van Wierdapark ·

Wonder hoe word dit in Kuba gedoen? Waar is die ouens op-gelei om te laat ly?

GR ·

Daar gaan niks van kom nie “mark my words” was dit blankes wat dit gedoen het was geboue al aan die brand gesteek omdat hulle nie ontlaan is nie en JM met sy hele kaboedel het geskree.

Thessa ·

Verseker ek stem saam. Ook as dit wit was niks gehoor nie.

Ellisras ·

Simpatie met die sekuriteitswag. Jy word op ‘n plek gesit. En doen wat die kliënt sê. En as die kliënt ‘n Dr is dan glo jy hy/sy weet waarvan hul praat.

James ·

Sjoe gaan besoek? Het julle die tannie in Bloemfontein wat gestamp en n operasie moes kry ook besoek?? NEE want sy is wit. En die werkers op verlof met vol salaris geplaas haha. Julle is n grap en maak my siek. Behandel ander beter as hulle nie WIT is nie. Nou moet julle seker weer n huis ook hier bou… waar is die EFF wat so by oue te huis te kere gegaan het. Ja julle doen net wat julle pas. ????????????

Dirk ·

Stem saam,sy is nie wit nie en sy gaan seker nog n huis ook kry..

Alida ·

Dit het hulle nou met hulle “werkskeppingsprojekte” onopgeleide mense word n werk gegee waarvan hulle geen opleiding gehad het nie. Jaag die hele spul weg.

Tante ·

wonder of die beseerdes van treinongeluk in Mamelodi ook in Mamelodi Hospitaal opgeneem is, wonder of hulle ook vasgemaak is aan stoelpote wonder maar net

Bietjie baie ·

Dis interessant dat die Hoof Verpleegkundige van die eenheid nie verantwoordelik daarvoor gehou word nie. n Verpleegster is nie in bevel van n eenheid nie. Verpleegsters word opgelei maar daar is geen dissipline in hospitale nie. Verpleegpersoneel sit heeldag op hulle selfone . In die nag “moonlight” hulle, wat beteken baie van hulle werk in Privaat hospitale deur die nag, en in die dag is hulle te moeg en ongeduldig om ordentlike verpleging te kan doen.

Moppy ·

Dis werklik vreeslik dat mediese wat n diens vir siekes moet lewer en word baie goed betaal met hoe salarisse so kan optree ek dink dis mense mishandeling hul moet afgedank word, maar het self te doen gehad met n Gov hospitaal se Drs wat ook so swak is en dat pasiente verwaarloos word en swak diens dat hul op di end oorlede is van hul foute

ne ·

SA is ‘n groot grap. Hang van jou kleur af hoe daar opgetree word. Moordenaars op parool moor weer. Verpleegsters/dokters sal maar weer dieselfde doen want hulle word nie kort gevat nie. Hulle kleur is seker reg.

Nonnie ·

As dit andersom was, en dit was ‘n wit verpleegster, was sy summier by die MRK aangekla en uiteindelik tronk toe gestuur………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.