50 beseer in gasontploffing

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Minstens 50 mense is Vrydagoggend beseer in ’n gasontploffing in Olifantsfontein naby Midrand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net na 07:00 na die toneel op ʼn sakeperseel in Industrystraat ontbied.

By hul aankoms op die toneel was die gebou reeds ontruim en het beseerdes buite gelê.

Volgens Meiring het niemand ernstige beserings opgedoen nie en die tientalle beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

Omstandighede rakende die voorval is onbekend. Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.