7 dood in botsing aan Weskus

Die owerhede op die toneel in Melkbosstrand (Foto: ER24)

Sewe mense is dood en tien ander beseer toe ’n vragmotor en ’n taxi Dinsdagoggend op ’n besige R27 in Melkbosstrand aan die Weskus gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê nood-en-reddingsdienste het die wrakke van die vragmotor en taxi met hul aankoms op die toneel langs die pad aangetref. Die pad was in dié stadium besig en die ongelukstoneel is afgesper.

Altesame sewe mense, van wie sommige in dié stadium nog in die wrak van die taxi vasgekeer was, het noodlottige beserings in die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Tien ander het ligte tot kritieke beserings opgedoen.

Meiring sê die pasiënte is almal op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Een van die tien pasiënte het kritieke beserings opgedoen en is per lugambulans na ’n hospitaal gehaas.

Die plaaslike owerhede was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Al weer ‘n taxi betrokke, dit is geen wonder nie, nie as ‘n mens daagliks sien hoe hulle ry nie.

JohanR ·

Hoef nie eers die storie te lees nie. As ek die hooflyn sien 7, 9, 11 dood in ongeluk dan weet een sommer daar was ‘n taxi betrokke. Hulle dink moes as bestuurders is hulle “untouchable” teen enige spoed! Ek bestuur al vir 45 jaar en ek toon groot respek agter daai wiel. Wil nie my motor, ander mense, geboue of myself op frommel nie!

virginia ·

R27 is die pad van die dood. Ry elke naweek daardie pad, taxi’s druk jou behoorlik van die pad af en dit teen n snelheid van 120km/h . Meegevoel aan die oorledenens se familie ( ma , pa of kind) wat nie huistoe kom vanaand nie:(

Ovelia ·

Snaaks dat daar elke dag n ongeluk is waar n taxi betrokke is.

Strandloper ·

Wel ek vind dit snaaks dat daar nog taxi’s oor is in die trant wat hul aanvoeter! Jammer vir die onskuldiges wat die duurste tol moes betaal.

andre ·

Wetstoepassers laat taxi’s doen net wat hulle wil in my dorp

Samuel ·

Ken die R27 baie goed. Hoe op aarde kry mens dit reg om so ‘n botsing te veroorsaak?? O, ja, daar is ‘n taxi by betrokke en die wetstoepassers laat die taxi’s maar begaan. Simpatie met die familie van oorledenes.

'n Leser ·

‘n Mens sal dink dat ‘n taxi bestuurder darem iets dink van die mense in die taxi se lewe, maar hul voel vere vir enigiemand. Ek wens hul kan net verdwyn van die paaie af.

Anoniem ·

Wanneer word Taxi’s van paaie afgehaal? Regering skrik wakker en maak tussen julle geld bymekaar om ‘n ordentlike busdiens in te stel vir pendelaars. In die laat 70 en vroeg 80 het ons gebruik gemaak van treinritte en buste in en om stede en dorpe. Alles het vlot verloop met min insidente maar ongelukkig van die Tax’s oorgeneem het is dit chaos in ons land.

Caroline ·

Where is this infamous point system I hope the drivers loose there license and vehicles

anko ·

Gaan luister RSG Potgooi, Ons mooi dorp (Kirkwood) van 07 Junie, daar vertel ‘n gebore taxi drywer hoe die besigheid werk.

Anoniem ·

NEEWAT………………………….Taxies word mos soos peanuts uitgedeel……………en geen Bestuurder ken die padreels nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.