7 dood in gru-botsing op N3

Die ongelukstoneel op die N3-hoofweg. (Foto: Verskaf)

Altesaam sewe mense is dood en 30 ander beseer in Maandagmiddag se gru-botsing tussen ’n tenkwa, ’n bus en twee ander voertuie op die N3-hoofweg sowat 30 km buite Estcourt in KwaZulu-Natal.

Die tenkwa het ten tyde van die botsing ’n vlambare stof vervoer en die tenkwa, die bus en ’n bakkie het ná die botsing aan die brand geraak.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het Maandagaand gesê al sewe oorledenes was insittendes van die bakkie.

Paramedici het 30 pasiënte op die toneel behandel voordat hulle hospitaal toe vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die ongelukstoneel op die N3-hoofweg. (Foto: Verskaf)

McKenzie sê die presiese oorsaak van die botsing is onbekend.

Die vlamme was teen Maandagaand geblus hoewel die nooddienste nog op die toneel gewag het vir die vlambare stof om af te koel voordat dit afgegiet kon word en die ongelukstoneel opgeruim kon word.

Die baan in ʼn noordelike rigting was gisteraand nog gesluit, terwyl die baan in ʼn suidelike rigting oopgestel is vir verkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mallie ·

Die trokbestuurders ry drie trokke langs mekaar op die paaie. Hulle is veronderstel om agter mekaar te ry. 80km ph, maar nee. Stel die Spoor vervoer weer in dan sal daar minder ongelukke wees.

Blikkies ·

Mallie, jy is 100% reg, maar dit sal ongelukkig nie in ons leeftyd gebeur nie.

JM ·

Om deesdae op die paaie te wees, is niks anders as potensiële selfmoord nie.

Jakes ·

Daar is deesdae meer trokke op die N3 as motors en padreels word summier deur sommige drywers verontagsaam.

Frank ·

Ja, langafstand ry deesdae is ongelooflik vermoeiend. Trokke ry op mekaar se sterte, of langs mekaar (met jaagduiwels op jou stert, wat padreëls ignoreer). Voeg dan nog die langafstand taxis by en jyt ‘n resep vir chaos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.