ʼn 70-jarige man is Sondagoggend in sy huis in KwaZulu-Natal geskiet tydens ʼn vermoedelike huisroof.
Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 in Westville North plaasgevind.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die man is twee keer in sy onderlyf geskiet.
“Toe ons paramedici by die toneel opdaag, het hulle die man in ʼn ernstige toestand aangetref. Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en hom toe na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling,” het Jamieson gesê.
Mbele het gesê die motief vir die aanval is in dié stadium nog onbekend.
ʼn Saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Is die man vermoor of nie? Die laaste 2 sinne maak nie sin nie.
Is die man net gewond, of dood – die laaste sin praat van “moord”.
Dagsê Johann cb en Joe Olivier
Dankie vir julle kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorig. Die sin lees nou “…in verband met die voorval…” en nie “… in verband met die moord…” nie.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Motief onbekend. Bull man motief was roof en moord
Het hulle n motief om eniviets te doen in die land. Ek sal julle se wat is die motief. Bloedorstigheid, anargie, bandeloosheid, barbaarsheid. Ag ek kan hier sit en n dag lank motiewe skryf. En geen een sal wees opbou en naasteliefde en Godvresend nie
So, die Gautengers besoek Kwa ZuluNatal ook nou want dìt is waar die kroeks woon.
Polisie en Sekuriteite moet meer sigbaar wees, dag en nag, en elke omgewing, ook weermag kan gebruik word, dan sal daar meer veiligheid wees oral
JA dit is moontlik dit moet net gebeur…jammer dat indringers nie gestuit kan word nie…