700 leerders in Gauteng nog nie geplaas

Panyaza Lesufi (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Terwyl derduisende leerders van binnelandse skole weer Woensdagoggend op die skoolbanke sit, wag sowat 700 Gautengse leerders nog om in ’n skool in dié provinsie geplaas te word.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het vanoggend namens die provinsiale departement van onderwys om verskoning gevra en die leerders se ouers daarvan verseker dat hul kinders teen die einde van die maand nog geplaas sal word.

Lesufi het egter daarop gewys dat aansienlik minder leerders vanjaar vergeleke met verlede jaar op plasing wag. Byna 35 000 leerders is verlede jaar teen Maart in skole in Gauteng geplaas nadat hulle nie betyds in Januarie geplaas kon word nie.

Die LUR sê dit is nié weens ’n tekort aan skole dat die leerders nie betyds geplaas is nie.

“Daar is ongelukkig sekere dinge wat nie in die departement se beheer is nie. Honderde leerders verkies om na Gauteng te kom om hier onderrig te word en die departement is trots daarop dat die meeste ouers Gauteng verkies.

“Die werklikheid is egter dat ouers sekere skole bo ander verkies.”

Volgens Lesufi betaal sy departement nou die prys vir die bou van “pragtige skole” in nedersettings aangesien daar ’n wanvoorstelling onder ouers en leerders is dat dié skole nie so goed soos skole in die stad of in die dorp is nie.

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n Gautengse skool. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Dit is die prys wat ons betaal vir die bou van wonderlike skole in nedersettings. Daar heers ’n wanopvatting dat die skole sleg is.

“Ons in Gauteng is verbind daartoe dat al ons skole gehalte-onderrig aanbied … Die werklikheid is dat daar nie een onderwyser is wat anders as ’n ander opgelei is nie. Al ons onderwysers is ewe goed en ek is trots op die gehalte van onderwysers wat ons in ons skole in die townships het,” het Lesufi gesê.

Skole in Gauteng asook die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes het vanoggend vir leerders heropen, waarna skole in die kusprovinsies op 19 Januarie sal heropen.

Simone Geyer, adjunk-direkteur-generaal van die departement, het vroeër vandeesweek tydens ’n nuuskonferensie gesê amper 400 000 van die land se 13 miljoen leerders moet in dié stadium nog geplaas word.

Dít is volgens Geyer weens talle skoolaansoeke wat ná die sperdatum ontvang is en ’n groot aantal ouers wat aan die begin van die jaar van landelike gemeenskappe na die stede verhuis het om hul kinders se aansoek in te dien sodat die kinders in die stad kan skoolgaan.

Laerskole heropen volgens volle kapasiteit, terwyl hoërskole wat in dié stadium te veel leerders het om sosiale afstand te handhaaf, ’n roterende skoolroostermodel volg.

Toeskouers word wel weer by skoolbyeenkomste toegelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Hulle wil moes gratis skoolgang belowe, sukkel maar lekker voort ANC

Moereloosverby ·

Hoeveel / waar is hierdie ‘wonderlike skole’ in die nedersettings? Ek vra namens ‘n vriend en omdat die vriend eerlikwaar nie weet nie…

Bella ·

Hy kan darem maar snert kwytraak. Pleks dat die Provinsie meer skole bou, want daar is te min skole. Hoekom sukkel goeie onderwysers so om werk te kry as daar dan sulke goeie skole beskikbaar is? Dit was al lankal tyd dat die onderwys departement ophou om in te meng by skool bedrywighede soos kinders toelaat in skole. Die skole self sal die proses beter kan afhandel

JM ·

As Lesufi minder ingemeng het met skole wat werk en al die skole gebou het wat hy aan die begin van 2021 belowe het, sou hierdie 700 leerlinge dalk geplaas gewees het. Nog ‘n wenk aan “our people”: kry minder kinders!

Kokerboom ·

Die LUR kader val in dieselfde kategorie as die heer Mbalula….praat is ‘n nasionale sport

Misky ·

Tsek!!!! So lieg en vir ons vertel al die onderwysers het selfde gehalte opleiding

Tanja ·

Ek dink Lesufi het vergeet om te sê “ Dis die prys wat ons moet betaal vir die bou van wonderlike skole in nedersettings … WAT ONS AF GEBRAND HET!!!!

Corrie ·

Lesufi het mos verled jaar gesê daar gaan elke maand ‘n nuwe skool gebou word. Wonder maar net waar hulle is.

henndrik ·

Ek weet hoekom verkies die mense stedelike skole, daar is beter dissipline.

Marcello ·

Is daar nog ooit nog dissipline in enige skole, as ek so om my kyk, een sien hoe van die skole se kinders (in hul Univorm) loop en rook, of die meisies se hare wat so uithang, dan wonder ek net. En dit is in ‘n stad.

Anel ·

Nie altyd nie. Hulle wil juis na die oorwegend blanke skole dat hulle kan maak soos hulle wil, want sodra jy hulle disiplineer skree hulle rasisme en dan word die onderwyser aan gevat en die bloedjie kom niks oor nie. Ek het al gehoor hoe streng dit in srkete swart skole is. Die onderwysers foeter nog die kinders. So hulle kan nie rassisme skree nie en dan wil hulle nie meer daar skoolgaan nie.

Di ·

Sal ook graag die bewyse wil sien van die “pragtige skole” wat gebou is. Daar is teen die tyd seker niks oor van dit nie, Seker tot op die fondasies geplunder! Kinders wil nie meer in die nedersettings skool gaan – dit herinner hulle aan “apartheid”

Aai ·

Ek lag vir jou omdat daar geen orde daar is dit is hoekom hulle nie soentoe wil gaan en dit pas jou dat ons skole ontwrig kan word waar daar reels is.

En ja dit kos ons baie dat ons kinders goeie onderwysers en onderig kry julle wil nie betaal so sukkel maar aan niks is vernuut.

Volgens Lesufi betaal sy departement nou die prys vir die bou van “pragtige skole” in nedersettings aangesien daar ’n wanvoorstelling onder ouers en leerders is dat dié skole nie so goed soos skole in die stad of in die dorp is nie.

Sêmaarnet ·

Mnr plaas die kinders in die naaste skole. Of is dit nie die beleid nie? Ouers soek skole wat opgebou was deur skoolfondse te betaal, net om dan nie meer te betaal nie. Hulle moet besef dat dit nie die regering is wat die standaard verskaf nie. Dis dissipline!

Nette ·

Wanneer gaan mense besef Gauteng is die kleinste provinsie, maar almal moet hier ingedruk word, kyk eers na jou eie voordat jy trots is daarop dat mense Gauteng verkies! Jou kind sit seker in ‘n privaat skool en dit is waarom jy nie omgee dat daar 80+ kinders in een klas is nie.

Blikkies ·

Die People moet hulle self net inhou en minder kinders kry. Hierdie Kader aanststelling sal nooit ‘n sukses van sy werk kan doen nie. Bou meer skole.

Ebeth ·

En nas ek reg onthou, was mnr. Lesufi se kind ook nie in een van die “pragtige skole” in ‘n nedersetting nie, maar in ‘n voormalige model c-skool in die voorstad Van Riebeeck park in ‘n skool daar.

Raadsman ·

Kry vir jou Mr. Rassis voor 1994 het hul sulke skole afgebrand.

Juffrou ·

Nee, dié vent is té besig om hom te bemoei met die Afrikaanse skole wat fantastiese matriekuitslae het. Los dié skole uit en loop bou al die skole wat jy vir our people belowe het. Wat dié ou nog in dié job doen weet nugter. Kaderontplooiing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.