8-jarige vind glo kleuter in swembad dryf

(Foto: Netcare 911)

ʼn Kleuter is Donderdagmiddag per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem nadat hy in ʼn swembad by ʼn huis in Sundowner in Randburg beland het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 15:26 na die huis ontbied. “Volgens inligting op die toneel het die seuntjie, vermoedelik sowat 18 maande oud, in die swembad geval. ʼn Agtjarige het hom daar aangetref en hom uit die water getrek,” sê Herbst.

“Die kind het geen reaksie getoon toe hy uit die swembad gebring is nie.”

Herbst sê gevorderde resussitasie is op die seuntjie gedoen totdat sy polsslag teruggekeer het. Hy is daarna in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas.

Meer inligting oor die voorval is nie tans bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annoniem ·

Nou net gelees op netwerk24 dat die kleinding oorlede is…. so hartseer om te lees. Mag die Hemelse Vader hierdie ouers styf vashou

GM ·

Ek hoop die kleinding hou geen permanente skade oor nie.
Ongelukke gebeur, maar leer mense nooit uit ander se foute uit nie? Hoe kom ‘n 18 maande oue kind in ‘n swembad? As dit omhein is en nette oorgesit word, dan is die kanse skraal. Die 8-jarige kan wel die hekkie oopmaak, dus is ekstra voorsorg nodig. As daar ‘n oppasser by betrokke was wat nie haar werk gedoen het nie, laat sy die nagevolge dra, maar ouers moet begin om verantwoordelikheid te vat vir hul kleingoed. Daar verdrink hopeloos te veel kinders in swembaddens.

LD ·

So hartseer om die soort berigte te lees! Mag liewe Jesus jou styf vashou en jou volkome herstel met geen permanente skade nie!!

???? leser ·

Sterkte aan seuntjie en ouers
meeste van ons besef die gevare van ‘n swembad, tref all moontlikhede om dit veilig te hou daar is te veel as-se, vergeet van die as, wees dankbaar vir God dat die seuntjie aan sy ouers toevertrou is en staan hulle by in hul nood
Kom ons vra vir God om die seuntjie en sy ouers se hande vas te hou en dat die seuntjie anderkant gaan uitkom sonder letsels
Dankie Vader

Thys ·

Ek is baie bly dat di 8jarige betyds die kleinding betyds gesien en uitgehaal het anders kon dit baie lelik gewees het,strekte kleintjie hoop jy herstel tenvolle ons bid vir jou

DS ·

Kleinding is oorlede – op ander nuus webwerf gelees. So hartseer. RIV kleinding en sterkte vir die familie. Aan die ander kind wat hom probeer red het jy is ‘n held!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.