80-jarige dood gevind ná kaping

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 80-jarige man is vroeg Donderdagoggend in die kattebak van sy motor gevind nadat dit Woensdagaand gekaap is.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die bejaarde man was saam met sy 23-jarige kleinseun in die motor toe drie gewapende mans dit Woensdagnag rondom 20:00 in Mayfair, Johannesburg, gekaap het.

“Die mans het die kleinseun in Dobsonville in Soweto afgelaai en met die bejaarde man weggery,” het Makhubela gesê. “Die kleinseun het na die polisiestasie geloop en die voorval aangemeld.”

Die polisie het die voertuig, ʼn wit Honda, gesoek en dit verlate in die gebied aangetref. Die bejaarde man se liggaam is in die kattebak gevind. Hy is geskiet.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord en kaping word ondersoek.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Sulke nuus dryf my na trane, dis asof dit my pa kon gewees het. Hoe kan iemand so wreed wees met n ou bejaarde mense. Hy kon nog geleef het tot 90 of selfs ouer as die gemors hom uitgelos het. Net dankbaar dat die kleinseun ongedeurd is, kan dit amper nie glo nie, dis n wonderwerk dat hulle hom net afgelaai het.

Elfie ·

BAIE sleg. Waarom het hulle dan enigsins die motor gekaap? Net om dit weer êrens te los? En dan nog die arme ou man te vermoor – dit het alles net geensins sin nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.