80-jarige vrou in Louis Trichardt vermoor

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Louis Trichardt het ʼn soektog van stapel gestuur na die verdagte(s) wat ʼn 80-jarige vrou op ʼn gewelddadige wyse vermoor het. Haar liggaam is Donderdagaand omstreeks 19:00 in ʼn plas bloed gevind.

“Die oorledene se seun, ʼn adjudant-offisier in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het sy ma Woensdag deur die loop van die dag tevergeefs probeer kontak,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het daarna sy meisie gevra om ondersoek te gaan instel by sy ma se huis. Sy het ʼn paar keer geklop, maar kon nie antwoord kry nie. Toe sy die huis betree, het sy op die vrou se liggaam afgekom.”

Die polisie is dadelik ontbied. Die 80-jarige vrou het diep meswonde opgedoen.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Die polisie doen ʼn beroep op Trevor Gumbu, van Zimbabwe wat glo vroeër vir die vrou gewerk het, om by enige polisiestasie aan te meld omdat hy moontlik beamptes met die ondersoek kan bystaan.

Lt. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Daardie Zim is so weg soos verlede maand se pay! Voel so jammer vir die mense. Hoe verwag hierdie regering moet enigiemand hulle vertrou. Ons grense is oop vir almal om hier te kom moor en roof, eise te stel, sassa, medies en alle toelae te kry. Hulle het meer regte as burgers van die land. Ek kan nie in sy land gaan dien wat hulle hier doen nie. Word summier in die tronk gestop en gedeporteer. Hier kan jy nie aan hulle vat nie, behalwe as bylaag misdaad in jou teenwoordigheid gepleeg word. Hulle is kroonwild. Ek sou sê skiet sodra jy hom sien. En mense miet hulle nie indiens neem nie. Al vra hulle minder!! Sterkte aan die familie.

Jack ·

Hoekom word zimbabwiers indiens geneem. Hulle het geen adres nie en vlug net terug na die gat waaruit hulle gekom het. Ou mense moet vergeet om te probeer goed doen. Kry iemand plaaslik wat julle ken om nutswerk te doen. Oues is kwesbaar en word geteiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.