87 000 studente dalk befondsing kwyt ná besnoeiings

Deur Marecia Damons, GroundUp

Tot 87 000 universiteitstudente, wie se studies deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) befonds word, is dalk volgende jaar hul befondsing kwyt weens beplande begrotingsbesnoeiings van die nasionale tesourie.

Die aantal studente sonder befondsing kan boonop teen 2025 tot 121 000 studente styg.

Masile Ramorwesi, waarnemende uitvoerende hoof van NSFAS, het onlangs tydens ʼn inligtingsessie aan die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys gesê die gemiddelde koste per student beloop R63 935 vir die 2024- akademiese jaar en R67 199 vir die jaar daarop.

“Gegrond op die berekening van die 10%-vermindering in universiteitsbefondsing uit die nasionale tesourie se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring (MTBPS), sal 87 712 studente in die 2024- akademiese tydperk onbefonds gelaat word.”

Ramorwesi sê dit sal toeneem tot 120 976 studente in 2024‑’25.

Sedert NSFAS se aansoeke om befondsing op 21 November oopgemaak het, het die hulpskema vir studente reeds 205 752 aansoeke ontvang. Aansoeke sluit op 31 Januarie.

NSFAS se geprojekteerde begroting vir universiteite beloop tans R41,9 miljard vir 2024‑’25 en R43,7 miljard vir 2025‑’26. “Met die tesourie se geprojekteerde begrotingsbesnoeiing van 10%… sal dit lei tot ’n tekort in die universiteitsbegroting van R5,5 miljard vir 2024‑’25 en R8,1 miljard in 2025‑’26,” het Ramorwesi verduidelik.

Wat tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) betref, begroot NSFAS R9,7 miljard vir die 2024‑’25‑ akademiese jaar en R10 miljard vir 2025‑’26.

“Ons voorspel dat R970 miljoen uit die TVET-begroting vir die 2024‑’25-boekjaar gesny sal word, en R1 miljard vanaf die 2025‑’26-boekjaar,” het Ramorwesi aan die portefeuljekomitee gesê.

Ramorwesi het voorts gesê daar is verskeie risiko’s daaraan verbonde om die studentefinansiering te besnoei, soos betogings. “Die potensiële veranderinge kan lei tot ʼn toename in studentebetogings as gevolg van ʼn afname in befondsing.”

Hy het ook verduidelik dat onvoldoende oorbruggingsfinansieringsopsies ʼn “ernstige uitwerking” op die sektor kan hê aangesien “NSFAS dalk nie in staat sal wees om toelaes betyds te betaal wanneer dit die nodigste is vir studente aan die begin van die finansiële jaar nie”.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en word met vergunning op Maroela Media gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Yup, soos Moeletsi Mbeki voorspel het, is Suid-Afrika se Tunisië-dag nie ver nie…

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Hele paar universiteite is seker ook nou in die moeilikheid.

annie ·

Om ‘n Afrikaan in Suid-Afrika te wees is die lekkerste ding sommer al vanaf geboorte. Hoe bevoorreg: Gratis geboorte en onderhoud tot skooltoegaantyd en dan gratis skooling skoolfondsvry en ná skool gratis opleiding en verblyf waarna ‘n loopbaan wag sonder enige kompetisie met wit leerders wat maar self moet planmaak vir ‘n lewe en inkomste om ok nog die studiegeld af te moet betaal omdat hul nie ‘voorgetrek’ mag word nie al doen hul ook uiters goed op universiteit.

Andrew ·

Nie as of die miljoene vorige NSFAS studente die land enigsins voorentoe gevat het nie.

Johann ·

Die ANC moet via die kaders orals vreet trog geldjies nader hark voor die verkiesing en terselfde tyd die massas weer en verder omkoop met leë en onhaalbare belofte. PLUS die reeds absurde besrae vir en van als vernietbly finansier…so hulle het ‘n probleem.

Raadsman ·

My seun se klasgeld alleen is R52000 vir die huidige jaar, dan is daar no verblyf en kos en boeke en rekenaars. ‘n Totaal van meer as R180 000, so waar kry hy ‘n bedrag van R64 000 vir ‘n hele jaar wat deur NSFAS betaal word. Of hy kan nie somme doen nie, of hy lieg deur sy tande.

Di ·

Die ANC wou mos alles “verniet” gee vir hulle volgers so hulle sal maar plan moet maak met hierdie dilemma! Hulle het nie besef dat belasting inkomste nie ‘n bodemlose put is nie en slegs ‘n kwart van die land se belastingbetalers vir hierdie hordes moet sorg. Hulle moet maar betoog tot hulle moeg is, jy kan bloed uit ‘n klip tap nie.

Andre ·

…lekker leeglêtyd vir die jong kaders kan dalk verby wees!
Toemaar, die trog is groot,julle sal gehelp word.

Anel ·

Is daar nie geld vir dit is nie, hoe dink hulle moet daar geld wees vir die nas.gesondheids bedryf!!! Wil mos altyd alles verniet hê! Soos wat ons skuld moes aangaan vir ons kinders om te studeer, kan hulle ook maar. Sou ook sê dat daar wel baie verdienstelike gevalle is, waar daar werklik behoeftige kinders is wat besonders goed presteer maar nie die fondse het nie. En hulle sal goed presteer op universiteit. Hoeveel van die lot wat verniet kastig leer maar uiteindelik klaar en kan die geld terug betaal? Gaan kyk by Akademia! Studente kan met beurse studeer. Hulle maak klaar en presteer en betaal dan daarfie geld terug sodat ander weer gehelp kan word. Hoekom nie ook die lot nie????

annie ·

Dit is dalk ook een van die redes waarom ons so bly is oor BRICS. Nou is daar nog plekke waar ons kan gaan bakhandstaan met ‘n rassistiese intrige by diegene wat nie al, al die hoofstukke opgevoer beleef het nie. Na ‘n paar jaar sal die naam na BBBBRRRics verander sommer so in die somer.

Spook ·

‘n Sekere universiteit in die Vrystaat se studentetal bestaan uit 87% NSFAS studente. So, hier kom moeilikheid. :-)

anko ·

Ons kon nie gaan studeer het nie omdat my ouers nie die fondse gehad het nie. Moes gaan werk en leer tegelykertyd en is nie spyt daaroor nie. Waardeer en bewaar wat ek vandag het agv harde werk. Niks gratis nie, want dan word dit verniel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.