9 900 laat aansoeke vir Wes-Kaapse skole

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het die afgelope week byna 10 000 laat aansoeke om skooltoelating ontvang.

Dit laat die departement met 536 764 aansoeke om te verwerk.

Altesame 165 993 leerders moet in dié stadium voor die einde van die jaar plek in ’n Wes-Kaapse skool kry. Die leerders kon by meer as een skool aansoek doen om plasing.

David Maynier, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, sê dit laat sy departement met ’n reuse- administratiewe uitdaging aangesien Wes-Kaapse skole net ’n maand het om al dié aansoeke te verwerk.

Aansoeke kan boonop vir nog ’n maand op die Wes-Kaapse departement van onderwys se aanlyn stelsel ingedien word.

Hierdie aansoeke sal wel as laat aansoeke gemerk en slégs oorweeg word nadat skole die aansoeke wat betyds ontvang is, oorweeg het.

Die sperdatum vir laat aansoeke is 25 Mei.

Maroela Media het vroeër berig ouers behoort teen 29 Mei die uitslag van ’n leerder se plasingsaansoek te ontvang.

Sou ouers nie dadelik ’n aanbod van ’n skool aanvaar of van die hand wys nie, sal die stelsel die leerder outomaties in sy of haar voorkeurskool plaas indien dié skool ’n aanbod gemaak het. Alle ander aanbiedinge sal dan verwyder word, sodat daardie plekke aan ander leerders gebied kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

domheks ·

In die goeie ou dae was dit nie ‘n probleem nie. Ou soufie het al die probleme veroorsaak.

Stephen ·

Is dit nou laat aansoeke vir 2023 of 2024? Dis seker hoekom sommige “leerders” 25 jaar oud in Graad 12 is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.