Aandrang op Tottenham-borgskap laat ‘gevaarligte flikker’

Daar is nog vele onbeantwoorde vrae oor die beoogde transaksie met Tottenham Hotspur. (Foto: SAT)

SA Toerisme (SAT) se aandrang om voort te gaan met die Tottenham Hotspur-borgskap ten spyte van oorweldigende openbare teenkanting en besware, laat meer “gevaarligte flikker”.

“Die vraag bly staan, hoekom is SAT se raad so vasbeslote om voort te gaan met hierdie transaksie van R1 miljard en wie is werklik bestem om voordeel hieruit te trek?” wil Manny de Freitas, DA-LP en die party se woordvoerder oor toerisme, weet.

Die beoogde borgskap het oënskynlik al gelei tot die bedanking van drie SAT-raadslede en na aanleiding van die presidensie se beswaar het die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme ’n marathon-vergadering gehou waar dit bevestig is dat hierdie borgskap ʼn swak besteding van geld is.

“Die SAT-raad kan nie toegelaat word om met hierdie onverantwoordelike projek voort te gaan nie.”

Michal Groenewald, VF Plus-LP en woordvoerder oor toerisme, meen SAT se volharding met sy plan vir die borgskap is verregaande.

“Die feit dat die voorsitter van SAT, Thozamile Botha, dit onomwonde stel dat hulle voortgaan met die proses ten spyte van wye teenkanting, selfs van die presidensie, spreek van matelose arrogansie.

“Suid-Afrikaners oor die spektrum heen het die afgelope twee weke luidkeels te kenne gegee dat hulle siek en sat is vir SAT se planne om hul swaar verdiende belastinggeld aan ʼn sinnelose borgskap te bestee.”

Volgens Groenewald is dit ook bekend dat ʼn konsortium tans besig is om ʼn aanbod voor te berei om die klub te koop en die moontlikheid bestaan dus dat Tottenham Hotspur binnekort nuwe eienaars sal hê.

“Om in hierdie omstandighede enigsins verder tyd, geld of energie aan die projek te bestee, is irrasioneel.

“SAT se optrede wys dat hy skynbaar glo hy kan nie verantwoordbaar gehou word vir die roekelose besteding van belastinggeld nie.”

Die VF Plus het gesê hy sal in ʼn skrywe aan die minister van finansies, Enoch Godongwana, eis dat SAT beveel word om die borgskapproses te staak en om streng beheer oor enige projekbesteding van dié entiteit uit te oefen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Di ·

Wat soek Thozamile Botha nog in die pos? Hy moes lankal op pensioen gegaan het!! Hierdie pensionarisse moet verwyder word in alle poste en plek maak vir jong mense met gesonde verstand. Iemand is DIE geld is seker reeds belowe in ruil vir iets, daarom wil hy met alle mag voortgaan.

Mallie ·

Dit is nie snaaks nie. Wys net weereens dat daar net aan myself gedink word en wat ek daar uit kan kry. Self verryking.

Manie ·

Kyk maar na die klub se aandeelhouers, êrens is daar ‘n verbintenis.

Pierre ·

of deel van die konsortium wat hulle wil koop en so ietsie extra dadelik terug ontvang in die vorm van borgskap

TruthDealer ·

Soveel ander dinge waarvoor daai geld gebruik kan word. Miskien moet honderde duisende mense n klas aksie begin teen die SAT. Daar gaan nou n miljard gemors word terwyl die staatshospitale haglik is en mense onnodig doodgaan daar. Die paaie is feitlik onbegaanbaar in hordes gebiede. Ons moet vir privaat sekuriteitsmaatskappye betaal want meeste vd polisie is useless. En dan natuurlik ESKOM. Wat op dees aarde sou n toeris hier kom soek, in elk geval. Might as well go on holiday in Somalia or the cartel controlled parts of Mexico! Belaglike, skandalige, Outrageous gemors van die belastingbetalers se geld!

Barend ·

Dalk sien iemand net ‘n bruin koevert en niks anders nie. Hulle het geen idee van geldwaardes nie.

Grassie ·

Miskien het daar al onder ‘n tafel deur geld van hande verwissel, daarom SAT se koppigheid om voort te gaan met die klugspul.

Amelia ·

Kan belasting betaalers nie self besluit waarop sy belasting geld gespandeer word nie dink almal sal se eskom en dan het die gieriges niks vir hul self n ie

Johan ·

VAN WANNEER AF MOET N DERDE WÊRELD LAND N EERSTE WÊRELD LAND MET GELD HELP
AL WAT SIN MAAK IS DIE SKELMGEID MET DIE DAAD

Nie Verbaas ·

Hulle moet die borgskap deurdruk want dit is deel van die geld om die klub te koop. Sonder die borgskap is daar seker geen transaksie nie dus gaan die belastingbetaler moet uithaal om hulle persoonlike finansiering te doen. Die arrogansie gaan n mens se verstand te bowe.

Casper ·

Gee daai geld vir eskom,hulle sal baie met daai geld kan doen.Die minister weier om geld beskikbaar te stel vir eskom om diesel te koop maar hulle wil ‘n sokkerspan borg wat niks met ons uit te waai het nie.Vrot denke.

Saartjievandiebosveld ·

Ons weet mos wie Gaan voordeel hier uit trek….

Mnr De Beer ·

Skelm streke aan die gang. N arm land waar sy eie mense sukkel met armoede, krag en nog water maar daar is geld vir sulk twak. Groter grap is almal praat en kla net. Maar niemand stop die skelm streke nie.

Sobymykoolkop ·

Want die omkoop geld is klaar gespandeer en kannie terug betaal word nie, en nou gaan iets daarvan
” per ongeluk” uitlek.

Danie ·

Los die vrot spul dat hulle voortgaan daai geld is ook al lankal weg.

Niklaas ·

Blykbaar is die grootste oorweegrede om ‘n “losing face” situasie te vermy deur die samesweerders van hierdie belaglike idee. Mens sou sweer dis een groot vernedering as jou planne gefnuik word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.