Aanranding van raadslid skok Stellenbosch

Stellenbosch-stadsaal (Foto: Google Maps)

‘n Stadsraadsvergadering in Stellenbosch het Maandag chaoties geëindig toe ‘n vroulike stadsraadslid wat onlangs haar eggenoot aan die dood afgestaan het, aangerand is – klaarblyklik deur ‘n omstrede plaaslike joernalis.

Die joernalis – wie se naam aan Maroela Media bekend is maar weerhou word totdat hy in die hof gepleit het – het glo direk ná die raadsvergadering vir raadslid Trish Crawley van die DA aangerand.

Die joernalis het volgens getuies met wie Maroela Media gepraat het, vir Crawley om haar kommentaar oor of sy ‘n klag van crimen injuria teen ‘n ander raadslid gelê het. Nadat sy geweier het om kommentaar te lewer, het die aanranding glo plaasgevind.

Die gebeure het buite die stadsaal van Stellenbosch afgespeel en daar was verskeie ooggetuies. Klagtes van aanranding en ooggetuieverslae is by die polisie ingedien. Die joernalis se werkgewer, die aanlyn nuusblad Stellenbosch News, gaan ook by die persombudsman verkla word.

In reaksie het Stellenbosch News ‘n verklaring uitgereik waarin die publikasie verklaar hulle is bewus van bewerings van aanranding teen een van hul joernaliste. “Ons is tans besig om ondersoek in te stel en ons ondervra die joernalis. Sodra ons vasstel wat presies gebeur het, sal ons gepaste stappe doen. Ons veroordeel alle voorvalle van aanranding en sal nie sulke gedrag verdra nie,” aldus die verklaring.

Die speaker van Stellenbosch se stadsraad, raadslid Wilhelmina Petersen van die DA, wat ook Salga se vroueregtekommissaris in Stellenbosch is, het haar skok en afgryse met die gebeure uitgespreek. “Die vroulike raadslid moes mediese behandeling kry. Dit is werklik skokkend dat so ‘n aanranding kan plaasvind, en dit nogal in die tydperk van geen geweld teen vroue en kinders. Die munisipaliteit beveg enige voorvalle van geweld teen vroue en veroordeel die afgryslike gedrag van die joernalis,” het Petersen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

As jy deesdae nie jou sin kry nie, dan rand jy maar die persoon aan. Wat gaan aan in ons samelewing?

Dup ·

Ons woon nou in ñ getransformeerde SA.So enigiets kan nou met enigiemand gebeur.Die abnormale hoë misdaadvlakke en wetteloosheid is getuienis daarvan.

Boerkind ·

Ons leef en beleef die EINDTYE soos beskryf in God se Woord. Skokkend en teleurstellend.

Magda ·

Leer by die EFF – hulle is n goeie voorbeeld van aanranding en aanhitsing tot geweld. Hulle moet as n Politieke Party geskors word.

Kosie ·

Sal seker nooit gebeur nie want die EFF voer net uit wat hulle graag wil he

Pieter ·

Jip, die “straf” sal ‘n STRENG berisping wees in die lyn van “moenie weer so stout wees, of maak net volgende keer seker daar is nie getuies nie”. Hy sal dan op 3 maande vol salaris “geskors” word en met sy terugkom ‘n bonus ontvang om op te maak vir al sy leiding. Ek het natuurlik ander idee vir straf, maar dit sal nie hier geplaas word nie.

Kosie ·

Hy gaan seker ook se sy het hom uitgelok, dit lyk my gee jou die reg om tot n polisieman aan te rand.

Oom Hennie Pennie ·

Daar moet ‘n voorbeeld gemaak word en hierdiem joernalis die swaarste straf denkbaar opgele word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.