Aanslag op Gordhan dalk gou aanslag op Ramaphosa

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Die druk wat tans op pres. Cyril Ramaphosa geplaas word om Pravin Gordhan af te dank as minister van openbare ondernemings, staan in die teken van ’n moontlike aanslag op Ramaphosa se eie leiersposisie teen die middel van die jaar.

Dit is ’n prominente spul rolspelers binne die ANC-dampkring wat Gordhan se kop eis – dikwels in eiebelang. Cosatu is spesifiek luidrugtig, maar polities gesproke is Gordhan se gevaarlikste opponente die adjunkpresident, David Mabuza, en die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, wat ook die nasionale voorsitter van die ANC is en waarskynlik die grootste steun van enige leier geniet by gewone ANC-lede op takvlak.

Ook die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, meen na verneem word dat Gordhan die trekpas moet kry, of uit sy eie moet bedank, soos Jabu Mabuza pas gedoen het uit die Eskom-voorsitterskap, ten einde verantwoordelikheid vir sy mislukking te aanvaar.

Bronne naby aan Gordhan het aan Maroela Media laat blyk dit is hoogs onwaarskynlik dat Gordhan uit eie beweging sal bedank, hoewel hy dit beslis sal doen indien Ramaphosa hom sou versoek om te bedank – iets wat nie tans waarskynlik lyk nie.

As hoofrede vir hul oproep om sy ontslag voer Gordhan se teenstanders aan dat die staatsondernemings onder sy politieke beheer skrikwekkend swak vaar. Hiervan is Eskom en die SAL tans die bekendste voorbeelde.

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Siya Duda)

Hoewel dit onteenseglik waar is, is dit ’n ope vraag of enigiets daarvan Gordhan se skuld is, en of enigeen beter as hy sal vaar in daardie nagmerrie-portefeulje. ’n Verdere vraag sal wees of dit raadsaam sal wees om nou ’n nuwe minister wat van nuuts af sal moet leer oor die werking van die portefeulje en dus ’n paar weke lank in effek lamgelê sal wees, op die departement van openbare ondernemings los te laat.

Bronne naby aan die gebeure het aan Maroela Media gesê hoewel Gordhan baie hardwerkend en bekwaam is, het hy vyande in die kabinet gemaak met sy afwysende toon, ’n persepsie dat hy nie graag voorstelle van kabinetskollegas oorweeg nie en beterweterig is. Sy manier om reguit na Ramaphosa te gaan met probleme tot uitsluiting en gevolglike oningeligtheid van ander ministers het hom ook vyande besorg en is strydig met die kabinetprotokol wat nodig is vir ordelike landsbestuur.

Van al Gordhan se kollegas is dit adjunkpresident Mabuza wat die ergste deur Gordhan uitgeskuif is. Dié was self aan die hoof van ’n belangrike komitee ter verbetering van Eskom, maar is herhaaldelik nie deur Gordhan ingelig oor sommige kwessies nie, wat sy vermoë om sy taak te vervul, beduiwel het. Só sê die adjunkpresident se mense. Sommiges naby aan Gordhan beweer egter adj.pres. Mabuza wou ’n binnebaan na die potensieel lonende wêreld van tenders vir staatsondernemings skep – iets wat die adjunkpresident se kamp driftig ontken.

Wat Cosatu betref was daar reeds tevore kritiek op Gordhan omdat hy gesien word as iemand wat nie afdankings by staatsbeheerde ondernemings spesifiek uitsluit nie.

Vir Ramaphosa skep die situasie ’n probleem. Gordhan is een van sy sterkste ondersteuners en bekwaamste ministers – hy is miskien saam met Mantashe en die minister van finansies, Tito Mboweni, die kern van Ramaphosa se kombuiskabinet.

Terselfdertyd is twee van die voorste klaers oor Gordhan – te wete Mantashe en Mthembu – se steun onontbeerlik as Ramaphosa meerderheidsteun in die ANC wil behou. Adjunkpresident Mabuza se volgehoue steun is Ramaphosa se sterkste kaart teen ’n moontlike mosie van wantroue later vanjaar.

Dit is die begin van ’n moeilike jaar vir Ramaphosa; een waarin hy enige onverkwiklikheid oor Gordhan so gou doenlik uit die pad sal wil kry.

Want die nasionale algemene raad van die ANC wag in die middel van die jaar, met ’n moontlike mosie van wantroue in Ramaphosa en Ramaphosa sal wil hê sleutellede van sy span, soos adj.pres. Mabuza, Gordhan, Mantashe en Mthembu moet almal eensgesind saamwerk om die aanslag van die Zuma/Magashule/staatskaperskamp af te weer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pieter ·

Ja gordhan jy en jou ANC party weet mos als daar is baie privaat instansies wat krag aan julle wou voor sien het maar jy en jou broer het dit gestop afriforum het vir jou n lys van ingeneurs gegee wat julle wou gehelp het jy het dit van die hand gewys jy en jou siek ANC party het die land op sy knie en ons dom belasting betalers finansier julle klomp narre

ChrisE ·

Die bende wat die land “regeer” is elke dag meer ongerus. Hulle het hul “taak” volbring om die massas van onderdrukking en drakoniese diskriminasie te bevry. Na 25 jaar se euforie en waansinnigheidwaansin het die realiteit ingeskop. Wat nou? Dit wat op die skinkbord “verwerf” het, is tot niet. ‘n Funksionele land/onderneming is agv gulsigheid/wanbesteding/onbevoegdheid tot niet. Die rooi ligte flikker reeds van dag een af vir die mense. Die gepeupel in die land gaan teen die regime in opstand kom. Die bendelede is reeds lankal met mekaar onrustig. Die binnelandse groep en die “uitgewekenes” is ook steeds nie met mekaar gemaklik nie. Die grootste probleem is die ses dwergies (ANC NUK) is eintlik in beheer van die land. Hulle sit in hul huise agter geslote deure en beraam planne om beheer te behou en die land in ‘n totale chaos in te dryf. Elke dag is ‘n dag nader aan die pitsweer wat gaan oopbars. Uitdagende tye wat voorlê.

Theresa ·

Hulle werk met ‘n plan en die ander te dom om dit raak te sien. Julle beter julle oë begin oopmaak.

Jan ·

David Mabuza is deel van die Ace Magashula groepering.Ons sak al dieper in ń moeras van ń mislukte staat in.Aangesien alle finansiële bronne insluitende eiendom en pensioen gou geplunder sal word is daar nie werklik hoop vir minderheidsgroepe soos die Afrikaners nie.Die jonges wat kan, moet emigrasie ernstig oorweeg.Die Here het jou immers ń verstand gegee om te gebruik.Vir ons wat oorbly is die enigste alternatief om saam te staan en om ons nie- party politieke bewegings te ondersteun soos Afriforum wat wel tyd koop en die buiteland bewus maak van die onreg wat nou die land aftakel.Alles wat werk soos selfs die rugby moet afgebreek word.Niks met ń witspoor mag bly staan nie.Ons moet bid dat die Here in die harte van redelike swartmense sal werk om hierdie krises af te weer!Groete

Kobus ·

Die buiteland gee nie ‘n snars om wat hier aan’t gebeur is nie. Die blankes is op hul eie. Moenie verwag dat Trump ons verlosser is nie. Dieselfde met Brittanje en Nederland. Nuwe en drastiese planne moet gemaak word.

Maljan ·

Amusant hoe almal altyd hulle oë rig op die buiteland vir hulp!
As Ramaphosa net sy rug wil sterk maak teen die ANC kan hy die land regruk. Maar nou laat hy hom deur die blindes lei.

Walter ·

As adjunk president onder Zuma was dit al duidelik dat Ramaphosa maar bra slap is en maklik aan die neus rond gelei word.

CallieL ·

Nie meer lank nie dan sal daar totale chaos wees. Dit maak nie saak wie van hulle in beheer is nie, self verryking, dan die famile se verryking en vriende sin is al wat op die agenda vir hulle is. Om dit te doen moet die bevolking ongeletterd gehou word. Dis waar die haat vir die wittes vandaan kom. Wittes wys hulle op hul foute. Wittes het n magtige ekonomie in die land bedryf. Almal moet ophou om kritiek as rassisme te sien. Ongelukkig beweeg Gordan te na aan wit beleid. Ramaphosa word net aangevat oor hy te stadig gaan met die vernietiging van die witman

Werner ·

In die kol Callie L dit is presies wat besig is om te gebeur

Kallie ·

Dink net, pres Magashule en adjunk pres Mabuza. SA is op pad na totale anargie. Indien die weermag ingryp sal dit nog erger wees.

Jimmy ·

Dlamini-Zuma sit op die kantlyn en wag dat dié twee mekaar opeet, dan sal sy oorneem saam met die Zumas.

Frik ·

Minderhede moet maar in groot getalle migreer na die suidelike en westelike deel van die land en daar begin werk vir afstigting. Dit sal kom teen groot persoonlike en finansiële kostes, maar daar is geen ander uitweg nie. Wat is die alternatief? Trek saam in Pretoria en probeer die stad red as ‘n minderheid te midde van die chaos? Dis ook nie volhoubaar nie. Jou belasting geld sal Ace en Mabuza finansier.

John ·

Selfs die Romeinse Ryk het nie 350 jaar oorleef nie. Dit is skynbaar die siklus-tydperk vir heersende beskawings waarna dit verdwyn of soms weer in ‘n nuwe vorm herrys. Die kommuniste wil hier om verskeie redes die oorhand kry. Die unies hang net die benaming aan want nie een lid glo in gelykheid, mededeelsaamheid en dankbaarheid vir wat jy het nie, inteendeel gierigheid en maglus laat die pot oorkook. Ace en David (wat net deur Ace gebruik word) stook die vure. Cyril en Gorhan is die paddatjies in die pot ~ Famous last words.

Kas ·

Hoe get dit gegaan toe Tom Moyane by sars was toe was Godhan nie meer daar nie.S A L het geduik toe Gordhan nie meer daar was nie.Hy tree op teen korrupte amptenare en daarom moet hy en CR waaiiMabuza en mantasje en mthembu will hulle beusies vol maak.

JP ·

As jy my vra is daar geheel en al te veel base en te min klase in die ANC

Pietverdriet ·

Dit is jammer dat mens net ‘n “vote of no confidence” teen ‘n persoon kan inbring en nie teen ‘n regerende party nie!!

Piet parys ·

My pa het jare gelede vir my gesê dit vat 30 jaar om n land tot in bankrotskap te regeer so die Anc in 26 jr.

MM ·

Liewe land, Ek kan nie verstaan hoekom ons President (van wie ons baie hou), nie vir eenmaal sy rug reguit kan maak en besluite neem soos Zuma nie? Pres Ramaphoza hét die mag, maar gebruik dit nie. Vader behoede ons as hy uit die kussings gelis word. Mense het hom vertrou om verandering in die land te bring. Nou doen hy dit nie.

Neels ·

Ek hou nie van jou president nie. Punt. En moet asseblief nie nou sê indien hy ontslaan word sal dit erger gaan nie, dis afdreiging. Die een ANC leier is swak soos die ander. Met of sonder Ramaphosa, ons is reeds oor die afgrond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.