Aansoek teen Covid-entstowwe binnekort aangehoor

Die Moderna-entstof. (Foto: Justin Sullivan / AFP)

Die Pretoriase hooggeregshof sal na verwagting Dinsdag ʼn dringende aansoek aanhoor om die president, die departement van gesondheid en die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) te dwing om onder meer die goedkeuring, bevordering, verspreiding en toediening van Covid-19-entstowwe te staak en alle inentingspunte te sluit.

Project Vaeca (Vaccine Adverse Effects Class Action) het die dringende hofaansoek ingedien en voer aan diegene wat die entstof ontvang het, doen ernstige gesondheidsprobleme op. Die organisasie sê die dringendheid van die saak word verhoog weens die regering se “roekelose besluit om kinders tussen vyf en 11 jaar oud met eksperimentele en onnodige” Covid-19-entstof in te ent.

Die organisasie sê hy het ook te wete gekom dat ʼn onbekende getal babas en kinders jonger as vyf onregmatig en sonder ingeligte toestemming teen Covid-19 ingeënt word en ongekende gesondheidsgevolge ly.

Die organisasie sê ook die verpleegvakbond Denosa het in 2021 aangemeld dat hy klagtes van sy lede ontvang het dat hulle aangeraai word om stil te bly indien hulle negatiewe gevolge weens die Covid-19-entstof ondervind.

Daar word algemeen aanvaar dat negatiewe gevolge van entstowwe en ander medisyne beduidend onderaangemeld word vir redes wat insluit siekte, ʼn gebrek aan bewusmaking en wantroue in die regering, sê die organisasie. In Suid-Afrika, waar miljoene mense in armoede leef en nie die vermoë het om negatiewe gevolge aan te meld nie, kan die onderaanmelding van negatiewe gevolge selfs hoër wees as in meer ontwikkelde wêrelddele.

Dit lei tot pyn en lyding, ʼn verlies aan inkomste, sterftes en ʼn daling in sosio-ekonomiese toestande, voer die organisasie aan. “Niks hiervan is nodig nie, was dit nie vir ʼn botsing van belange, korrupsie en sensorskap nie.”

In die eerste gedeelte van die aansoek vra die applikante, Covid Care Alliance, Transformative Health Justice en Free the Children – Save the Nation, onder meer dat die toediening van die entstof gestaak word en dat die goedkeuring, verkryging, aanmoediging, administrasie en finansiering van die koronavirusentstof in alle gesondheidsfasiliteite opgeskort word.

Hulle vra ook dat geen verdere entstof teen Covid-19 aangekoop word nie en dat ʼn openbare aankondiging gedoen word om die proses uit te stippel oor hoe om negatiewe gevolge weens die entstof aan te meld.

Die applikante vra ook vir verslae, publikasies of waarskuwings van die vervaardigers van enige van die Covid-19-entstowwe rakende enige werklike of moontlike newe-effekte, asook alle ooreenkomste wat met die vervaardigers van die entstowwe aangegaan is.

Hulle vra ook dat nadoodse ondersoeke gedoen word in alle gevalle waar die oorsaak van dood vermoedelik met Covid-19 verband hou en waar die oorledene voor sy dood ʼn Covid-19-inenting ontvang het.

In hul aansoek vra die applikante voorts dat ʼn kommissie van ondersoek oor die status van die vergoedingskema vir entstofbeserings op die been gebring word en dat die finansiële situasie van die fonds en die betalings wat gedoen word aan diegene wat daarvoor kwalifiseer, bepaal kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Staal ·

Dit is omtrent tyd dat die ‘jabs’stopgesit word.
Daar behoort tronkstraf te wees vir sekere mense wat die goed gemandaat het.

Yolandie ·

Daar sy vat hom flaffie, tyd dat die waarheid uitkom wat werklik gebeur het tydens Covid en daarna.

Truman Burbank ·

cANCer het niks met die jab te dien gehad nie. Slegs opdragte uitgevoer. Want hul het blanko checks gekry

Truman Burbank ·

Te min te laat. You cannot get unjabbed. En die wat sterf as gevolg van die jab, is die gelukkiges. Daar s erger dinge aan die kom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gates, die WEF en NWO profete het klaar besluit die wêreldbevolking moet met 3.5 miljard afneem.

Vettiemaragartos ·

Hoop Project Vacea eet die regering en al sy trawante soos ‘n mielie …… pit vir pit!!!!!!!

Suzette ·

Hoop die mense wat ons “anti – jabbers” so uitgehaal het en as “onnosel” bestempel het kan nou VERSTAAN hoekom ons daai spuit volstrek geweier het.

kaplyn ·

Die organisasie praat die grootste bollie ooit. Miljarde mense regoor die wereld het die entstof ontvang en niks oorgekom nie. Hulle klink vir my baie soos die BLM organisasie wat baie aannames maak sonder enige bewyse.

Truman Burbank ·

Nog niks. Vir nou. Soos ek gese het, die wat gesterf is, is die gelukkiges. En ek sluit die toetse in by die jabs.

daarsdit ·

Daar is dit nou. Mense het probeer waarsku, maar dit het op dowwe ore geval. My hele familie het covid gehad en my man 2x . Ek is al 12 keer getoets, elke keer negatief. En ek is nogal die een waaroor almal bekommerd was oor al my gesondheids probleme. Gelukkig het ons as gesin teen die enting besluit

KaRoOkWaGgA ·

Almal wat so rammetjie uitnek was tydens die inperking, en ek verwys na KOPDOEK ZUMA, HOED CHELE, AARTAPPEL NEUS RAMAPHOSA en ook die res van die gespuis, moet bietjie gaan sit as proef konyne. Hulle is in elkgeval oor die muur en ons kort nog ‘n paar openbare vakansie dae wat na hulle vernoem kan word.

Annelie ·

Soveel waarskuwings wat aan mense gerig was maar hulle het agter hierdie jab aangehardloop en ander mense oortuig dit is die regte besluit maar vandag is daar soveel mense wat met gesondheids probleme sit en selfs die wat doodgaan van dit. Net omdat mense bang was hul gaan dood as hul dit nie vat nie. En wie sit agter dit. Alles gegaan oor geld..

Joe Olivier ·

Die pro-jabbers is so stil soos die ja-stemmers van ouds oor hul flaters.

Suzette ·

Ek is ‘n “risiko” geval, maar ons geloof het ons weerhou om te gaan vir die inspuiting. Ek was nêrens, maar het ongelukkig deur die kleinkinders Covid opgetel. So het ons gesin, man en 2 seuns baie siek geraak. Slegs een het dit vrygespring. Ons het geweier om dokter of hospitaal toe te gaan. Ons geloof en gesonde verstand het ons daardeur. My smaak en reuk sintuie is steeds bietjie holderstebolder. Ons het steeds geweier om vir die inspuiting te gaan en nou weet ons, wat ons nog al die tyd vermoed het.
Gif!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.